Gaan na inhoud

Spaanse oorstroming van Oktober 2024

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kaart van 30 Oktober 2024

Op 29 Oktober 2024 het stormreën veroorsaak deur 'n geïsoleerde laedrukgebied op hoë vlakke meer as 'n jaar se neerslag na verskeie gebiede in suidoos-Spanje gebring, insluitend die Valenciaanse Gemeenskap, Kastilië-La Mancha, en Andalusië. Die gevolglike vloedwater het die dood van minstens 215 mense en aansienlike eiendomsbeskadiging veroorsaak. Teen 3 November 2024 was meer as 2 000 mense nog in Valencia vermis.[1] Dit is een van die dodelikste natuurrampe in die geskiedenis van Spanje.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Aumenta a 216 el número de muertos por inundaciones en España". Cadena 3 (in Spaans). 3 November 2024. Besoek op 3 November 2024.