Sparaxis
Fluweeljtjies | |
---|---|
Sparaxis tricolor | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | Sparaxis Ker Gawl.
|
Spesies | |
| |
Sinonieme | |
|
Sparaxis (fluweeltjies) is 'n genus van meerjarige blomplante wat tot die familie Iridaceae hoort. Die genus bestaan uit vyftien spesies waarvan almal geofiete is en veertien vorm deel van die fynbos.
Fluweeltjies is endemies in Suid-Afrika, maar aard ook goed in tuine in Europa, Australië en Nieu-Seeland. Die fluweeltjieplant word gewoonlik 15 tot 45 cm hoog. Die blare is smal en die blomme, wat oranje, rooi, pienk, pers of wit kan wees, het 'n fluweelagtige voorkoms.
Fluweeltjies is van die mooiste klein blomsoorte van die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap, waar dit wild groei. Die blomme kom in 'n verskeidenheid kleure voor en het opvallende simmetriese merke aan die binnekant.
Die plante kan van knolIe of sade gekweek word. Die knolIe moet in Februarie of Maart in krummelrige grond 10 tot 12 cm uitmekaar en tussen 2 en 5 cm onder die grond geplant word. Fluweeltjies hou nie van ryp nie en moet dus in baie koue streke in beskutte plekke in die tuin geplant word en gereeld water kry. Die blomme sal laat in die winter of vroeg in die somer hul verskyning maak. As hulle klaar geblom het, kan die knolIe vir die somer in die grond gelaat word. Hulle groei hoofsaaklik in kleigrond.
Wanneer fluweeltjies van sade gekweek word, moet dit in Maart of April gesaai word. In hierdie geval dra die plante dikwels al in die eerste jaar blomme, hoewel die blomme gewoonlik in die tweede jaar van 'n beter gehalte is. Fluweeltjies is gewild as potplante en in venstertuine.
Spesies
[wysig | wysig bron]- Sparaxis auriculata Goldblatt & J.C.Manning
- Sparaxis bulbifera (L.) Ker Gawl.
- Sparaxis caryophyllacea Goldblatt
- Sparaxis elegans (Sweet) Goldblatt
- Sparaxis fragrans (Jacq.) Ker Gawl.
- Sparaxis galeata Ker Gawl.
- Sparaxis grandiflora (D.Delaroche) Ker Gawl.
- Sparaxis maculosa Goldblatt
- Sparaxis metelerkampiae (L.Bolus) Goldblatt & J.C.Manning
- Sparaxis parviflora (G.J.Lewis) Goldblatt
- Sparaxis pillansii L.Bolus
- Sparaxis roxburghii (Baker) Goldblatt
- Sparaxis tricolor (Schneev.) Ker Gawl.
- Sparaxis variegata (Sweet) Goldblatt
- Sparaxis villosa (Burm.f.) Goldblatt
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Wêreldspektrum, Vol. 7, 38-39, ISBN 0 908409 48 6
- John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 ISBN 978 1 77584 590 4
- Plants of the World Online