Verskil tussen weergawes van "The New York Times"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe blad: '''''The New York Times''''' ('''''NYT''''') is 'n Engelstalige Amerikaanse dagblad wat in 1851 in New York Stad gestig is en sedertdien ononderbroke in daardie stad publiseer....)
 
'''''The New York Times''''' ('''''NYT''''') is 'n [[Engels]]talige Amerikaanse dagblad wat in 1851 in [[New York Stad]] gestig is en sedertdien ononderbroke in daardie stad publiseer. ''The New York Times'' het 108 Pulitzer-pryse gewen, meer as enige ander nuusorganisasie.<ref>{{cite news|url=http://articles.latimes.com/2012/apr/17/nation/la-na-pulitzers-20120417|title=Pulitzer winners span old, new media|last=Rainey|first=James|coauthors=Garrison, Jessica|date=April 17, 2012|work=Los Angeles Times|accessdate=23 April 2012}}</ref><ref>{{cite web|url=http://topics.nytimes.com/top/reference/timestopics/organizations/n/newyorktimes_the/index.html|title=The New York Times |work=The New York Times|accessdate=23 April 2012}}</ref> Die dagblad se webwerf is die gewildste koerantwebwerf in Amerika, met meer as 30&nbsp;miljoen unieke besoekers per maand.<ref>{{cite news |title=New York Times Prepares Plan to Charge for Online Reading |url=http://online.wsj.com/article/SB10001424052748704213404576100033883758352.html |work=[[The Wall Street Journal]] |date=24 Januarie 2011 |accessdate=26 Januarie 2011 |first=Russell |last=Adams}}</ref>
 
Alhoewel die gedrukte weergawe van die koerant die grootste plaaslike metropolitaanse koerant in die [[Verenigde State]] is, is dit algeheel die derde grootste koerant, na ''[[The Wall Street Journal]]'' en ''[[USA Today]]'', en weekdagsirkulasie het sedert 1990, soos met die meeste ander koerante, tot minder as 'n miljoen kopieë per dag gedaal.<ref name = "circulation">{{cite news | last = Perez-Peña | first = Richard | url = http://www.nytimes.com/2009/10/27/business/media/27audit.html | title = U.S. Newspaper Circulation Falls 10% | work = The New York Times | date = 26 Oktober 2009}}</ref> Die ''New York Times'' se bynaam is "the Old Gray Lady",<ref>{{cite web|url=http://www.urbandictionary.com/define.php?term=Old%20Gray%20Lady&defid=6338844 |title=Old Gray Lady |publisher=Urban Dictionary |date= |accessdate=2012-01-29}}</ref> en word lank reeds binne die industrie as 'n nasionale "koerant van rekord<!-- newspaper of record -->" geag.<ref name="EB">{{cite encyclopedia | title=The New York Times | encyclopedia=Encyclopædia Britannica | accessdate=September 27, 2011 | url=http://www.britannica.com/EBchecked/topic/412546/The-New-York-Times}}</ref> Die koerant word deur [[The New York Times Company]] besit, wat ook agttien ander koerante, insluitende die ''[[International Herald Tribune]]'' en ''[[The Boston Globe]]'' uitgee. Die maatskappy se voorsitter is [[Arthur Ochs Sulzberger Jr.]], wie se familie die koerant sedert 1896 beheer.<ref>{{cite web|url=http://www.mediaowners.com/company/newyorktimes.html|title=The New York Times Company (Profile)|work=MediaOwners.com}}</ref>
 
Die koerant se leuse, wat in die boonste linkerhoek van die voorblad gedruk word, is "All the News That's Fit to Print" ([[Engels]], ''Al die nuus wat geskik is om gedruk te word''). Die ''New York Times''-webwerf (NYTimes.com) se leuse is "All the News That's Fit to Click"<ref>businessinsider,http://articles.businessinsider.com/2007-10-01/tech/30001294_1_web-readers-paper-print-publications</ref> (''Al die nuus wat geskik is om op geklik te word''). Die koerant word in afdelings verdeel: Nuus, Opinie, Besigheid, Kuns, Wetenskap, Sport, Mode, Huis, en Funksies (''Features''). Die ''New York Times'' het by die agtkolomformaat gebly nadat die meeste koerante na ses kolomme oorgeskakel het, en dit was een van die laaste koerante om kleurfotografie in gebruik te neem.
Aanlyn inhoud is beskikbaar deur 'n gemeterde betaalmuur, wat in 2011 opgerig is. 'n Besoeker kan maandeliks tien artikels gratis lees, en moet dan 'n abonnement aangaan om meer artikels te lees.<ref name=NYT20110317>{{cite news |title=A Letter to Our Readers About Digital Subscriptions |last=Sulzberger|first=Arther Ochs, Jr. |url=http://www.nytimes.com/2011/03/18/opinion/l18times.html |date=17 Maart 2011 |work=The New York Times |accessdate=17 Maart 2011}}</ref> Wanneer die betaalmuur verskyn, kan gebruikers egter eenvoudig die deel van die webadres wat na .html kom, skrap, en die bladsy herlaai om die volle artikel te sien. Daar bestaan ook mobiele toepassings om inhoud vanaf mobiele toestelle te bereik, soos Android-toestelle en Apple se [[iOS]]-platform.
 
== Verwysings ==
[[Kategorie:Amerikaanse koerante]]
{{verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.nytimes.com/ Amptelike webwerf] ([http://mobile.nytimes.com/ Mobiel])
 
[[Kategorie:Amerikaanse koerante]]
 
[[ar:نيو يورك تايمز]]
1 764

wysigings

Navigasie-keuseskerm