Verskil tussen weergawes van "Epiteelweefsel"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
(Rol weergawe 1079342 deur XXcoolpplXx (bespreek) terug.)
No edit summary
[[Lêer:Illu epithelium.jpg|thumb|regs|300px|Verskillende vorme epiteelweefsel.]]
 
'''Epiteelweefsel''' is [[weefsel]] wat bestaan uit [[sel]]le kenmerkend styf teen mekaar gerangskik met min [[tussenmateriaal]] (tussenstof) en feitlik geen [[tussenselruimte]]s nie. Epiteelweefsel kom in een of meer sellae voor. Volgens die getal selle waaruit dit bestaan, word epiteelweefsel verdeel in twee groepe, naamlik [[eenvoudige epiteel]] (een laag selle) en [[saamgestelde epiteel]] (meer as een laag selle). Die vernaamste soorte epiteelweefsels is [[plaveiselepiteel]], [[kubusepiteel]], [[kolomepiteel]], [[wimperepiteel]] en [[klierepiteel]]. Die epiteelweefsel beskerm daardie dele waar dit voorkom. In byvoorbeeld die vel beskerm dit die sagter dele wat daaronder geleë is en help dit ook om skadelike [[kiem]]e uit te hou. As kliere sekreteer epiteel stowwe soos spysverteringsensieme en [[hormoon|hormone]], en ekskreteer dit stowwe soos [[sweet]], en help dit ook met die vorming van [[urien]] in die [[nierbuisie]]s. Epiteel voorkom wrywing in byvoorbeeld die [[bloedvat]]e. Dit help ook om vreemde voorwerpe soos stofdeeltjies, wat in die luggange beland, na buite te voer. Verder het dit 'n absorberende funksie in byvoorbeeld die [[maag]], [[dunderm]] en die nierbuisies. In [[sintuig]]organe soos die [[oog]] en [[oor]], help dit om sekere prikkels op te vang. Epiteel help ook om die diffusie van [[gas]]se en [[vloeistof|vloeistowwe]] te vergemaklik in byvoorbeeld die [[long]]e en [[haarbloedvat]]e.
 
 
== Bronne ==
* ''Senior Biologie'', Du Toit, Van Rensburg, Du Toit, Botha, Van der Merwe, Volschenk, Van der Westhuyzen, De Kock, Niebuhr. Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk, 1989.
 
{{saadjieSaadjie}}
 
[[Kategorie:Anatomie]]

Navigasie-keuseskerm