Verskil tussen weergawes van "Abraham Kriel"

Jump to navigation Jump to search
4 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
(Kategorieë weer ingesit)
 
==Kinderhuis==
Die nagenoeg 12 000 oorlogswesies het Kriel so diep geraak dat hy eers 'n klompie oorlogswesies in die pastorie opgeneem het en daarna die Langlaagte-weeshuis op [[4 September]] [[1902]] met sewe kinders geopen het. Voor die einde van daardie eerste jaar was daar 92 en teen September 1903 reeds 245. Hy het egter sedert sy bevestiging in Langlaagte gehelp met die versorging van wees- en hawelose kinders. Mej. [[Maria Kloppers]], 'n [[Boland]]se maatskaplike werkster van die [[Vrouesendingbond]], het hom van 1896 af bygestaan en was uit die staanspoor betrokke by die weeshuis.
 
Buiten op Langlaagte, het ds. J.M. Louw van [[NG gemeente Boksburg|Boksburg]] en ds. [[Alwyn Burger|A.P. Burger]] van [[Middelburg, Mpumalanga|Middelburg, Transvaal]] onderskeidelik in Oktober en November 1902 ook weeshuise gestig. Die weeshuis op [[Boksburg]] is in 1904 en dié op Middelburg in 1908 by Langlaagte ingelyf. Onder ds. Kriel en mej. Kloppers se leiding het die weeshuis meer en meer erwe en in 1913 selfs twee plase aangekoop. Die kinderhuis het geen vaste inkomste gehad nie, maar kon deurentyd kop bo water hou en die nodige middele kry, soos ds. Kriel dit gestel het, "in antwoord op gebede"<ref>[http://www.oulitnet.co.za/taaldebat/steynjc3.asp Artikel op LitNet deur Jaap Steyn]</ref>. Aan dr. [[William Nicol]], van 1913 tot 1938 leraar van [[NG gemeente Johannesburg-Oos|Johannesburg-Oos]], het ds. Kriel op 'n keer gesê: "Ek dank die Here dat ek gehoorsaam was, maar vol geloof was ek ongetwyfeld nie. Telkens as ek vir myself sê dat ek moet glo, word ek bang. Maar as ek sommer in gehoorsaamheid die oë toemaak en my opdragte aanpak, sorg die Here dat alles regkom." Met sy dood in 1928 was daar meer as 600 kinders in die tehuis, wat toe na die stigter genoem is.
84 883

wysigings

Navigasie-keuseskerm