Verskil tussen weergawes van "Witwatersrand"

Jump to navigation Jump to search
Geen grootteverandering nie ,  14 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (+kat)
k
Die '''Witwatersrand''' is 'n lae bergreeks wat deur die provinsie [[Gauteng]] in [[Suid-Afrika]] loop. Dit dien as 'n [[waterskeiding]] - water wat na die noordekant afloop dreineer in die [[Indiese Oseaan]] en [[water]] na die suide in die [[Atlantiese Oseaan]]. Dit kom ook na vore deur effense klimaatsveranderinge wat in die gebied voorkom - die heuwels veroorsaak 'n loefwaartse/lywaartse effek. Daardeur is [[Johannesburg]] se noordelike voorstede meer geil en vogtig, en in die suide is dit droër en meer waterarm. Die Witwatersrand is deel van die provinsie Gauteng, wat vir 'n kort tydperk die [[PWV]]-provinsie genoem is - 'n [[akroniem]] vir [[Pretoria]], Witwatersrand en [[Vereeniging]]/[[Vaaldriehoek]].
 
Die "[[Rand]]" (en in [[Engels}]] ook "reef" genoem) is bekend daarvoor dat dit die bron is van 40% van alle [[goud]] wat al op [[aarde]] gemyn is. Dit is 100 km lank en 3.6 km diep op plekke. Die mineraalrykdom van die Witwatersrand was daarvoor verantwoordelik dat die [[geldeenheid]] van Suid-Afrika (die [[Rand]]) vernoem is daarna.
 
Die Witwatersrand is ook 'n alternatiewe naam wat dikwels gebruik word vir die Groter Johannesburgse Metropolitaanse gebied. Dié gebied is langwerpig gevorm en loop van [[Randfontein]] en [[Carletonville]] in die weste na [[Springs]] in die ooste. Dit sluit ook groot gebiede soos [[Soweto]] asook die Oos- en Wes-Rand in.

Navigasie-keuseskerm