Verskil tussen weergawes van "Mfecane"

Jump to navigation Jump to search
193 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
 
==Zoeloe-magsopbou==
In die verre noorde van die huidige [[kwaZulu-Natal]] het daar in die [[18de eeu]] 'n 200 [[Nguni]]-stammetjies gewoon. Die groter en dominerende stamme was die Ndwandwe onder Zwide en die Mthethwa onder Dinigiswayo. Hulle was in 'n voortdurende magstryd gewikkel. Zwide vermoor Dingiswayo. Tsjaka, die leier van die klein Zulu-stam volg Dingiswayo op, wis die Ndwandwe-leër uit, verenig die Mthethwa met die Zulu en regeer daarna in die groot gebied tussen die [[Pongolarivier|Pongola-]] en die Tugelariviere[[Tugelarivier]]e. Tsjaka bring ingrypende veranderinge in die vergrote Zulu-stam se militêre organisasie aan. Om vroeëre en streekslojaliteit teen te werk en om lojaliteit aan die nuwe stam op te bou, is die regimente verdeel op grond van ouderdom en in militêre krale gehuisves. 'n Kort assegaai en 'n groot skild is ingevoer. Soldate moes voortaan kaalvoet veg en is eers toegelaat om te trou na suksevollesuksesvolle krygservaring. Dus is die buurstamme een na die ander verslaan en die vroue en kinders van die oorwonnenes by die Zulu-stam ingelyf.
 
==Ander oorsake==
Tsjaka se militêre magsopbou was die primêre rede vir die Mfecane. Die goed geoefende soldate het uitgesien na oorlog en 'n geleentheid om [[lobola]] bymekaar te maak. Zululand beskik oor vrugbare grond, weelderige plantegroei, 'n aangename klimaat en goeie weiding. Mededinging om die handel in ingevoerde goedere deur [[Mosambiek]] sowel as die ivoorhandel[[ivoor]]handel het die stamme op die grensgebiede laat saamtrek. Deur die [[Portugese]] het mielies[[mielie]]s bekend geraak. Dit het 'n beter oes opgelewer as die plaaslik bekende koringsoorte[[koring]]soorte. Aan die einde van die [[18de eeu]] was 'n gevolg hiervan 'n bevokingsontploffing wat weer gelei het tot 'n stryd om voedselbronne, waterbronne en grondhonger. 'n Aantal jare met 'n besonder lae reënval lei tot swak oeste en hongersnood. Die [[Griekwas (stam)|Griekwas]], Koranas en blankes het as boere, jagters, smouse, sendelinge en slawehandelaars 'n ontwrigtende rol gespeel in die tradisionele stamlewe van die Afrika-mense. Die oorsaak van die Mfecane kan dus toegeskryf word aan 'n kombinasie van faktore waarvan die opkoms van die Zulu-stam die belangrikste was.
 
==Oorloë==
[[Lêer:Mzilikazi~detail.jpg|thumb|links|200px|Silkaats]]
 
Die aanvalle deur die Zulu-impi's lei tot 'n kettingreaskiekettingreaksie van geweld en gedwonge migrasies. Stamme is ontwortel, vlug, hergroepeer en herversprei in die binneland van Suider-Afrika. Groepe saai dood en verwoesting soos hulle trek. Stamme vlug oor die Drakensberge na die weste en noorde en verwoes die stamme in hul pad. Vlugtelinge skuil in klowe en word mensvreters, want hele veekuddes en voedselvoorrade tussen die [[Limpopo (rivier)|Limpopo]] en die [[Oranjerivier|Oranje]] is vernietig.
 
[[Lêer:Moshoeshoe.jpg|thumb|200px|Mosjesj]]
 
Die [[Matabele]] (“mense met die lang skilde”) onder [[Silkaats]] (“pad van vloed”) vlug na die [[Hoëveld]] in die omgewing van die huidige [[Groblersdal]]. In 1825 is hulle noord van die Magaliesberge[[Magaliesberg]]e. Hier val die Zulu hulle aan en wyk uit na Mosega en Kapain. Van hier beweeg die migrerende krygsmanstaat van Silkaats na hul uiteindelike bestemming Matabeleland en onderwerp die [[Sjona]]. Soshangana vlug met ' n deel van die Ndwandwe na [[Gaza (provinsie)|Gaza]] in Mosambiek. Hulle vermeng daar met die Tsonga en dieTsongadie Tsonga-Sjangaan ontstaan. Die Zwangendaba, 'n deel van die Ndwandwe-groep, vlug na die suide van [[Tanzanië]]. Hul nasate in die dele is die Ngoni. Die Ngwani-stam vestig hulle onder Sobhuza in die huidige [[Swaziland]]. Vlugtelinge uit die binneland vestig hulle in Barotseland in die weste van die huidige [[Zambië]] en stig die Kololo-koninkryk onder Sebetwane. Sotho-stamme van die [[Hoëveld]] en die [[Vrystaat]] is deur Zulu-stamme opgejaag. [[Mosjesj]] het sy verspreide volksgenote byeengebring op [[Thaba Bosigo]] en die staat [[Lesotho]] gestig. Daklose en honger vlugtelinge van die [[Tswanas|Tswana]], Sotho, [[Fingo]] en noordelike Nguni-groepe het suidwaarts gevlug na die [[Kaapkolonie]]. Die [[Fingo]] het onder die Temboe en die [[Xhosas|Xhosa]] gaan woon. 'n Zulu-leër kon nie die Pondo verslaan nie. Die Ngwane is deur 'n gekombineerde mag van swartes en blankes teruggedryf.
 
==Grootste gevegte==
* (a) April 1818 – Slag by Gqokoliheuwel: die Zulu verslaan die Ndwandwe onder Zwide
* (b) 1819 - Slag by Zwindiskraal
* (c) 1818/1819 - Slag by die Mhlathuzerivier – die Zulu breek die Ndwandwe-mag
* (d) 1820 - Slag by die Buffelsrivier
* (e) 1823 – Slag by Lithako: die Griekwa teen die Mantati onder MaNtatisi (die enigste groot geveg wat * nie swart teen swart geweld was nie)
* (f) 1823 – Slag by Dithakong: die Kololo word verslaan en vlug na die samevloeiing van die Zambesirivier en die Kafuerivier
* (g) 1826 – Slag by die Intombirivier
 
==Gevolge==

Navigasie-keuseskerm