Verskil tussen weergawes van "Deense kroon"

Jump to navigation Jump to search
25 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k ("Denmark_-_Faroe_Islands_-_5_ore_1941.jpg" is verwyder omdat dit in Commons deur INeverCry verwyder is omrede: Per commons:Commons:Deletion requests/File:Denmark - Faroe Islands - 5 ore 1941.jpg)
(→‎Geskiedenis: Skakels)
 
===Geskiedenis===
Tot met die laat 18de eeu was die kroon sowat 8 mark (rigsdaler) werd. ’n Nuwe kroon-stelsel is in Denemarke in 1873 bekendgestel. Dit het die Deense rigsdaler vervang teen ’n koers van 2 kroner = 1 rigsdaler. Die nuwe kroon-stelsel is as gevolg van die Skandinawiese Monetêre Unie bekend gestel, wat tot met die [[Eerste Wêreldoorlog]] sou voortduur. Die lande wat by die aanvang van die stigting betrek is, was [[Swede]] en Denemarke, met [[Noorweë]] wat eers twee jaar later sou aansluit. Dit het die kroon op ’n goudstandaard geplaas teen ’n koers van 2 480 kroon = 1 kilogram [[goud|fyngoud]].
 
Hierdie gemeenskaplike “kroon” tussen die drie lande het in Denemarke en Noorweë bekend gestaan as die “krone” en in Swede as die “krona” (albei name beteken “kroon” in Afrikaans). Na die afskaffing van die monetêre unie het nie een van die drie lande hul name verander nie.
 
Die Skandinawiese Monetêre Unie het in 1914 geëindig toe die goudstandaard afgeskaf is. Denemarke het tot die goudstandaard in 1924 teruggekeer, maar het dit permanent in 1931 verlaat. Tussen 1940 en 1945 wat die kroon gekoppel aan die Duitse Ryksmark. Na die Duitse besetting het ’n Britse pond teen 24 kroon gehandel, wat verminder is tot 19,34 (4,8 kroon / Amerikaanse dollar) daardie selfde jaar in Augustus. Binne die Bretton Woodstelsel het Denemarke se geld gedevalueer tot ’n koers van 6,91 kroon per Amerikaanse[[Amerika]]anse dollar. Ná verdere verswakking in 1967 was die koerse 7,5 kroon = 1 dollar en 18 kroon = 1 pond.
 
===Verhouding teenoor die euro===

Navigasie-keuseskerm