Verskil tussen weergawes van "Witwatersrand"

Jump to navigation Jump to search
k (Verplasing van 20 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q587808)
(→‎Geologie: Skakel)
 
== Geologie ==
Die sedimente van die Witwatersrand, wat ook die gebied se goud bevat, dateer uit die [[Prekambrium]], een van die oudste geologiese formasies op aarde, en het sowat 3 100 miljoen jaar gelede ontstaan. Die Witwatersrandbekken lê op 'n vaste fondament, wat in die noorde by die sogenaamde Johannesburgse Granietkoepel blootlê. Dit bestaan hoofsaaklik uit graniet en gneiss.
 
Die Witwatersrand was toe 'n seegebied, waar materiaal van die omliggende landmassas deur riviere teen 'n hoogte van sowat sewe kilometer opgehoop is om uiteindelik die konglomerate te vorm, wat nou onder meer 'n bron van edelmetale is. Die opeenhoping van sedimente het sowat 2 700 miljoen jaar gelede tot 'n einde gekom, toe grootskaalse breuke in die aardkors gevorm het en die Witwatersrandbekken met lawa bedek is. Die gesteente bestaan hoofsaaklik uit kwarts en is dikwels baie hard; daarnaas bevat dit net tussen ses en tien gram goud per ton.

Navigasie-keuseskerm