Verskil tussen weergawes van "Keulen"

Jump to navigation Jump to search
8 grepe verwyder ,  6 jaar gelede
k
[[Lêer:Koeln roemerturm 031204.jpg|thumb|right|250px|Die Romeinse toring, 'n oorblyfsel van die antieke stadsmuur]]
 
Oorspronklik het 'n klein Germaanse volk met die Latynse naam ''Eburones'' op die linkeroewer van die Ryn gewoon. In die jaar 53 v.C. is hulle deur [[Julius Caesar|Gaius Julius Caesar]] verslaan en feitlik uitgewis. 'n Ander volk in die gebied, die Ubiërs, het besluit om liewer geen weerstand teen die Romeinse veroweringveroweraars te bied nie en eerder 'n verbond met die Romeine te sluit. Die Romeinse veldheer [[Marcus Vipsanius Agrippa|Agrippa]] het die Ubiër-nedersetting van die regter- na die linkeroewer van die Ryn verskuif. Die versterkte nedersetting ''oppidum Ubiori'', wat in [[39 v.C.]] ontstaan het, was die voorloper van die stad Keulen. Ubiërs het vervolgens as hulpsoldate 'n belangrike rol by die militêre beskerming van die Ryngrens gespeel.
 
Kort voor die begin van die Christelike jaartelling is die nedersetting se status tot dié van 'n sentrale dorp verhef. 'n Altaar, die ''Ara Ubiorum'', is opgerig en twee van Rome se vier Rynlegioene in die nabygeleë militêre kamp gestasioneer. In 15 of 16 n.C. is Julia Agrippina, die dogter van Germanicus en latere vrou van keiser [[Claudius]] (10 v.C. - 54 n.C.) en moeder van keiser [[Nero]] (37-68) in die Oppidum Ubiorum gebore. Die Ubiërs het in hierdie tydperk begin om na hulself as Agrippinense te verwys. Die vader van Agrippina was die teenspeler van Arminius, en blykbaar het die Ubiërs as geromaniseerde Germane hulself eweneens van dié rebel gedistansieer.

Navigasie-keuseskerm