Verskil tussen weergawes van "N9 (Suid-Afrika)"

Jump to navigation Jump to search
+ Beeld & Commons
(→‎Sien ook: Verbeter)
(+ Beeld & Commons)
[[Lêer:SA road N9.svg|thumb|Padteken van die N9]]
[[Lêer:Map of the N9 (South Africa).svg|thumb|Die N9 word in rooi aangedui]]
 
Die '''N9''' is een van die [[Nasionale paaie in Suid-Afrika|nasionale paaie]] in [[Suid-Afrika]]. Die pad verbind [[George]], [[Wes-Kaap]] met [[Colesberg]]. Die N9 loop min of meer noordoos/suidwes afhangende van watter rigting daar gereis word.
 
== Begin van N9 Nasionale pad: Klein Karoo ==
Gesien van [[George]] begin die N9 as 'n afdraai uit die [[N12 (Suid-Afrika)|N12]] net na die [[Outeniekwapas]]. Vir die eerste 70km hou die pad oos alvorens dit noordoos draai, oor die [[Potjiesberg|Potjiebergpas]] gaan en as 'n verbypad verby [[Uniondale]] gaan. Die pad gaan verder en net voor Gwarriepoort word die [[Oos-Kaap]] betree, dan volg Buyspoort en die pad is weereens 'n verbypad by [[Willowmore]]. Vir die volgende 19km kronkel die pad deur Perdepoort, gaan onderdeur die [[Beervleidam]] verby, dus oor die [[Grootrivier|Gamtoosrivier]] en betree die [[Karoo|Groot Karoo]].
 
== Groot Karoo ==
In die Groot-Karoo is die volgende 70km lank en reguit alvorens die pad weer as 'n verbypad om [[Aberdeen]] gaan. Die volgende 55km na [[Graaf-Reinet]] is plat en reguit. Die N9 gaan deur Graaf-Reinet en die [[Kamdeboo Nasionale Park]]. Hier kan die reisiger gerus stop; die dorp bied vele besienswaardighede met 'n lang geskiedenis. Tegnies is die reisiger nou in die [[Kamdeboo]].
 
== Noord van Graaf-Reinet ==
Die pad hou noordoos, en klim geleidelik. Na ongeveer 30km gaan die pad deur [[Naudebergpas]] en dan deur die [[Lootsbergpas]] in die [[Sneeuberge]]. Laasgenoemde pas is berig vir die feit dat hy gereeld in die winter toesneeu. Net voor die N9 [[Middelburg, Oos-Kaap|Middelburg]] bereik sluit die [[N10 (Suid-Afrika)|N10]] by die N9 aan. Dan is die reisiger by Middelburg; weereens 'n verbypad.
 
== Middelburg en verder ==
Agtien kilometer na Middelburg skei die [[N10 (Suid-Afrika)|N10]] en die N9 - net voor Carlton Hoogtes. Die N10 gaan noordwes en die N9 hou noordwaarts en gaan die [[Noord-Kaap]] binne. Nog 18km verder en die N9 hou verby [[Noupoort]] en sluit 55km later by die [[N1 (Suid-Afrika)|N1]] aan. Dit gebeur ongeveer 1km voor Colesberg. Die N9 het nou sy einde bereik.
 
== Sien ook ==
* [[Nasionale paaie in Suid-Afrika]]<br />
{{CommonsKategorie-inlyn|N9 road (South Africa)}}
 
{{Suid-Afrikaanse Nasionale Paaie}}

Navigasie-keuseskerm