Verskil tussen weergawes van "Nord-Pas-de-Calais"

Jump to navigation Jump to search
k (File:Nord-Pas-de-Calais flag.svgFile:Flag of Flemish Region (De Vlaamse Leeuw).svg renamed by User:Pi.1415926535 on WikimediaCommons)
Die eerste menslike nedersettings bestaan in die vrugbare streek reeds in die prehistoriese tydperk, tog is die gebied vanweë sy strategiese ligging steeds omstrede. Die lang lys van veroweraars sluit die Keltiese Belgae, die Romeine, die Franke en Alamanni, Engelse, Franse, Boergondiërs, Spanjaarde en - tydens die twee wêreldoorloë - ook Duitsers in.
 
Tydens die [[Honderdjarige Oorlog]] tussen Engeland en Frankryk in die [[14de eeu|14de]] en [[15de eeu]] veg Franse, Engelse en Boergondiese troepe om die gebied, wat uiteindelik by Frankryk ingelyf word. In [[1598]] annekseer die Spaanse Nederlande die streek as 'n soort bruidskat. Toe die gebied in die [[17de eeu]] weer onder Franse heerskappy kom, is daar hewige verset van die Vlaamstalige bevolking. Met die nuwe administratiewe verdeling tydens die [[Franse Rewolusie]] word die départements Nord en Pas-de-Calais gevorm.
 
Nord-Pas-de-Calais het 'n lang tradisie as 'n sentrum van die tekstielnywerheid, wat in die middeleeue begin. Met die industrialisering in die [[19de eeu]] groei die gebied tot een van Frankryk se ekonomiese sentrums. Terwyl die gebied nie deur die Frans-Pruisiese Oorlog van [[1870]]-[[1871]] geraak is nie en danksy die Duitse anneksasie van Elsas-Lotaringe selfs nog belangriker word as Frankryk se grootste nywerheidsgebied, ly Nord-Pas-de-Calais sterk onder die Duitse besetting en die verwoestings van die Eerste Wêreldoorlog.

Navigasie-keuseskerm