Verskil tussen weergawes van "Cornwall"

Jump to navigation Jump to search
3 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
k
Die Keltiese setlaars van die [[6de eeu v.C.]] het die gebied vanuit die ooste binnegestroom en die ystervervaardiging en -bewerking in Cornwall ingevoer. Saam met Devon en Somerset het Cornwall die stamgebied van die Cornouiërs in die weste en die Dumnoniërs in die ooste gevorm, wat albei vroeë variante van die Kelties-Britanniese taal gepraat het.
[[Lêer:Brown Willy Bodmin Moor.jpg|thumb|links|250px|Die berg Brown Willy in die heideveld van Bodmin Moor]]
Met die Romeinse verowering van Brittanje in die jaar [[40]] n.C. het Cornwall tot 'n toevlugsoord en sentrum van die Keltiese weerstand ontwikkel,teen die besetters geword wat sy onafhanklikheid kon handhaaf. Die Romeinse stad Isca Dumnoniorum (die huidige Exeter) het as die administratiewe hoofstad van die gebied oos van Cornwall gedien. Terwyl die Walliese en Engelse plekname Dyfnaint en Devon nog steeds na die Dumnoniërs verwys, leef die Cornouiërs in die naam ''Cornwall'' voort. Die woord het sy etimologiese oorsprong in die Anglo-Saksiese ''wealas'' ("uitlanders, Britte, Walliesers") en die Latynse Cornubia, 'n Romeinse weergawe van die Britse Cornouia of "Land van die Cornouiërs".
 
Onderlinge twiste het aangehou totdat die legendariese koning Artus vanuit sy kasteel [[Tintagel]] met die pasifikasie van Cornwall begin het. Die kerstening van die gebied deur Ierse, Walliese en Bretonse sendelinge het in die 5de eeu 'n aanvang geneem.

Navigasie-keuseskerm