NG gemeente Bethanie: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
(→‎Agtergrond: Skakel)
Die baanbrekers vir die kerk in die suide van die huidige [[Namibië]] was manne soos di. Manie Potgieter (1925) en S. Fouche (1931), wat die moeilike werk op hulle geneem het. Laasgenoemde het begin met die afstigting van die gemeente Bethanie (Lüderitz), wat toe in 1938 vir ds. M.C. Hattingh as leraar kry. Dit is ook die stigtingsjaar van die gemeente<ref>[http://www.ngkerk.org.za/namibie/gemeentes_body.asp?gemeente_id=5 NG Kerk in Namibië]</ref>.
 
Die uitgestrektheid van die gemeente was so dat dit moeilik was om te besluit waar die [[pastorie]] sou staan. Die pastoriegebou op Bethanie, die beste wat hulle kon kry, was nie doeltreffend nie, maar die leraar moes eers wag totdat 'n gerieflike kerksaal op Bethanie en op Aus opgerig is. Op albei plekke is 'n huis as pastorie gehuur en op Aus is later een gekoop. Ook is besluit om 'n saal op Lüderitz te bou, maar daarmee is uitgestel. Op [[28 September]] [[1940]] wy ds. Hattingh 'n ruim, gerieflike kerksaal op Bethanie in, wat £3&nbsp;500 gekos het. Op Aus is 'n saal gehuur en op Lüderitz is van die Duitse kerk gebruik gemaak. Kerkraadsvergaderings is om die beurt op Bethanie, Aus en Lüderitz gehou.
 
==Afstigting==

Navigasie-keuseskerm