Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Port Elizabeth-Wes"

Jump to navigation Jump to search
Skakel
(Skakel)
Op 'n gemeentevergadering op [[17 Julie]] [[1944]] is besluit om tot die bouaksie oor te gaan. Weens die vertrek van ds. Cloete in daardie jaar na die [[NG gemeente Uitenhage]], moes hiermee gewag word tot ds. G.J.J. Boshoff, wat op [[3 Maart]] [[1945]] bevestig is, die werk kon voortsit. Die nuwe leraar het hom die bou van 'n kerk vol energie en lewenskrag ten doel gestel. 'n Bekwame boukommissie, met Anthonie Smith as argitek en die firma Louw en Swart as boukontrakteurs, het die bouwerk aangepak. Op [[18 Mei]] [[1947]] het ds. A.O. Cloete die gedenksteen en ds. Boshoff die hoeksteen in die teenwoordigheid van 'n reuse-skare gelê.
 
Die voltooide Godshuis is op [[1 Mei]] [[1948]] deur 'n skare ingewy en die gemeente kon voortaan in 'n behoorlike kerk aanbid. Die [[pastorie]] wat daarna voltooi is, pas mooi aan by die kerkgebou.
 
Ná vyf jaar van ywerige en pligsgetroue bediening het ds. Boshoff, wat toe reeds talle beroepe bedank het, 'n beroep na die [[NG gemeente Linden]] in [[Johannesburg]] aangeneem. Ds. J.J. Fick van die [[NG gemeente Graaff-Reinet|Grootkerk, Graaff-Reinet]], is in sy plek beroep en hier bevestig op [[19 Mei]] [[1950]]. Ook hy sou nie lank vertoef in Port Elizabeth-Wes nie en vertrek reeds in 1952 om organiserende sekretaris vir fondse van Carfo te word. (Hy het in 1955 uit Carfo se diens getree en die bediening in 1960 verlaat.)

Navigasie-keuseskerm