Verskil tussen weergawes van "Noordryn-Wesfale"

Jump to navigation Jump to search
2 363 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
k
|}
{{clear}}
 
== Ekonomie ==
Die Ruhrgebied langs die gelyknamige syrivier van die [[Ryn]], wat deur die weste van die deelstaat vloei, is die belangrikste nywerheidsgebied van Noordryn-Wesfale. Hierdie gebied strek anderkant die Ruhrvallei tot by Aken in die weste en Bonn in die suidweste. Groot afsettings van bitumineuse steenkool was die basis vir die vestiging van swaar nywerhede in die gebied gedurende die 19de eeu. Alhoewel mynboubedrywighede hier intussen grotendeels gestaak is, word bruinkool vandag nog steeds in 'n gebied tussen Keulen en Bonn in oop groewe ontgin.
 
Die Ruhrgebied het in die 19de eeu tot die grootste nywerheidsentrum in Europa gegroei. Groot getalle immigrante, waaronder duisende Pole, het na die streek gestroom. Nyweraars soos Alfred Krupp, wat in sy nywerheidsaanlegte veral lokomotiewe en wapentuig vervaardig het, en Alfred Thyssen, wat steenkool ontgin, yster, staal en masjiene vervaardig en grootliks bygedra het tot die uitbou van gas- en kragnetwerke, was die leidende persoonlikhede agter die vinnige uitbreiding van nywerhede in die streek. Die digte konsentrasie swaar nywerhede het tot grootskaalse lugbesoedeling in die Ruhrgebied gelei.
 
Vanaf die 1960's is die tradisionele swaar nywerhede deur strukturele probleme geteister. Sluitings en samesmeltings van myne en staalaanlegte het duisende bewoners werkloos gelaat. Vanaf die 1980's het ekonomiese herstrukturering tot die vestiging van nuwe en meer winsgewende bedrywe gelei, waaronder ingenieurswese, die vervaardiging van gehalte-staal en allooimetale, metaalverwerking, elektronika, sintetiese materiale en chemie.
 
Reeds in die vroeë 1980's het die persentasie werknemers in die nywerheidsbedryf tot minder as vyftig persent gedaal, terwyl steeds meer werksgeleenthede in die handels- en dienstesektor geskep is. Die daarstelling van 'n hoogs moderne geïntegreerde openbare vervoernetwerk met busse, trems, treine en moltreine het bygedra tot die vestiging van Düsseldorf, Keulen en Essen as gasheerstede van belangrike handelskoue en uitstallings.
 
Die Ruhrgebied het daarnaas in die laat 20ste eeu tot 'n sentrum van kuns en kultuur en 'n gewilde toeristebestemming ontwikkel met meer as twintig smfonie-orkeste, meer as sewentig teaters en meer as 200 museums.<ref>Derek Lewis: ''Contemporary Germany. A Handbook''. London: Hodder Arnold 2001, bl. 40</ref>
 
== Eksterne skakels ==

Navigasie-keuseskerm