Verskil tussen weergawes van "Polisie"

Jump to navigation Jump to search
57 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:South African Police Memorial Union Buildings Pretoria 003.jpg|duimnael|300px|Die SAPD Gedenkteken by die [[Uniegebou]] in [[Pretoria]] met die woorde "Servamus et Servimus" (om te dien en te beskerm).]]
 
Die '''polisie''' is 'n groep mense wat getaak is om wet en orde te handhaaf, [[misdaad]] te bekamp, die publiek te beskerm en tydens noodgevalle te help. Mense wat vir die polisie werk word polisiebeamptes of -offisiere genoem. Hulle is by 'n polisiestasie gestasioneer en rapporteer aan die stasiebevelvoerder.
 
Die polisie is deel van die uitvoerende mag van die [[staat]] wat vir openbare orde en binnelandse veiligheid verantwoordelik is. Die weermag, daarteenoor, beskerm 'n [[land]] teen gevare van buite. Sonder 'n polisiediens sal die staat in wanorde en wetteloosheid verval en anargie heers. As deel van die staatsdiens word hulle met belastinggeld besoldig.
[[Lêer:Victorian Police Motorcycle, Geelong, Aust, jjron, 30.9.2010.jpg|duimnael|links|'n Polisiebeampte op patrollie met 'n motorfiets.]]
 
Die polisie beskik oor spesiale magte wat hulle benodig om hulle pligte uit te voer. Hierdie magte verskil grootliks van land tot land. Die meeste polisiebeamptes het die mag om mense in hegtenis te neem (arrestasie), mense te deursoek (visentering), asook huise en ander eiendom te deursoek. Hulle dra soms toerusting, soos [[geweer|gewere]], knuppels en pepersproei om hulle (indien nodig) met die taak te help. Die gebied waarin 'n polisiebeampte hierdie magte kan uitoefen, word sy jurisdiksie genoem. Sodra 'n beampte sy jurisdiksie verlaat, mag hulle nie meer hierdie magte gebruik nie. Hulle moet dan aan die polisiemag of departement wat jurisdiksie oor die betrokke gebied het oorhandig.
 
== Pligte ==
 
* Stop misdaad en beskerm die publiek. Hulle doen dit deur patrollies per voet en in polisiemotors. Sigbare polisiëring laat mense oor die algemeen veiliger voel en dit voorkom sekere vorme van [[misdaad|kriminele gedrag]].
* Ondersoek misdaad. Die polisie probeer vasstelmisdadigers wie misdade gepleeg hetvastrek, sodat hulle daarvoor rekenskap kan gee. Sekere misdade, soos [[moord]] en roof, word deur speurders ondersoek.
* Hulpverlening tydens noodgevalle (al is geen misdaad gepleeg nie). Hulle kan ongelukke besoek, verkeer reguleer, verlore kinders help, mense van aanwysings voorsien, ensovoorts. Hulle werk soms nou met die brandweer, ambulansdiens en ander lewensreddersnooddienste saam.
 
Polisiebeamptes wat patrolliewerk doen dra meestal uniform. Daarteenoor dra die speurders, wat misdade ondersoek, gewoonlik normale klere. Spesiale eenhede word soms op die been gebring (soos bom- en honde-eenheide) vir die ondersoek van gespesialiseerde misdaad. Hulle word onder andere in noodhulp en lewensredding opgelei, omdat hulle dikwels eerste by ongelukstonele (soos motorbotsings en brande) opdaag.
 
Hulle word onder andere in noodhulp en lewensredding opgelei, omdat hulle dikwels eerste by ongelukstonele (soos motorbotsings en brande) opdaag.
 
== Toerusting ==
[[Lêer:Police.three.on.patrol.london.arp.jpg|duimnael|links|Polisiebeamptes in Londen.]]
 
In meeste lande word polisiebeamptes opgelei om [[vuurwapen]]s te gebruik. Selfs in lande waar die polisiebeamptes nie gewere dra nie, soos in die [[Verenigde Koninkryk]], [[Nieu-Seeland]] en die [[Republiek van Ierland]], omdat dit van tyd tot tyd nodig mag wees om gewapende misdaad te bestry. Vuurwapens mag egter slegs gebruik word as lewens in gevaar is.
 
== Polisie in verskillende lande ==

Navigasie-keuseskerm