Gaan na inhoud

Sonnebaan: Verskil tussen weergawes

Geen grootteverandering nie ,  7 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
(Skakel)
Omdat daar ~365.25 [[dag|dae]] in 'n [[jaar]] is en daar 360 [[graad (hoek)|grade]] in 'n [[sirkel]] is, lyk dit asof die son met ongeveer 'n graad per dag langs die sonnebaan beweeg. Hierdie beweging is van wes na oos wat teenoorgesteld is van die skynbare oos-wes beweging van [[hemelsfeer]].
 
Die sonnebaan en die hemelewenaar sny mekaar op twee punte direk teenoor mekaar. Hierdie punte is die [[Dag-en-nag -ewening|dag-en-nag ewening]]s waar die dag en nag op alle liggings op aarde ongeveer 12 ure lank is.
 
Die punt op die sonnebaan wat die verste noord is van die hemelewenaar word die [[sonkeerpunt|winterskeerpunt]] of sonnestilstand genoem of die somerkeerpunt in die Noordelike halfrond en wanneer die son die punt verste suid van die van die hemelewenaar is, is die omgekeerde waar. Die son se '''skynbare''' jaarlikse beweging langs die sonnebaan is die gevolg van die Aarde se wentelbeweging en [[hellingshoek]] en word in die onderstaande beeld geïllustreer. Die absis (horisontale as) is die [[regte klimming]] van die son en die ordinaat (vertikale as) sy [[deklinasie]]. Die hemelverwysingsraam waaroor die son beweeg word gedefinieer deur 'n agtergrond van vaste sterre waarvan sommige van die helderstes aangetoon word.