Wysigings

Jump to navigation Jump to search
1 066 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
+ Susterstede
|style="border-left:1px solid #999"| '''Wapen'''
|- style="background:white"
|rowspan=6| [[Lêer:WIMap-doton-Milwaukee County Wisconsin incorporated and unincorporated areas Milwaukee highlighted.PNGsvg|170px180px|center]]
|- style="background: white"
|style="border-left:1px solid #999"| [[Lêer:Milwaukee City Council chamber seal of Milwaukee.jpg|75px|center]]
|- style="border-top:1px solid #999;"
| '''Amptelike Webwerf'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [http://www.city.milwaukee.gov ''milwaukee.gov'']
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
 
'''Milwaukee''' is die grootste stad en belangrikste hawe van die [[Deelstate van die Verenigde State van Amerika|VSA]]-deelstaat]] [[Wisconsin]] en die 22<sup>ste</sup> grootste stad in die land met 'n bevolking van 594&nbsp;833 volgens die sensus van 2010. Milwaukee lê aan die suidwestelike oewer van die [[Michiganmeer]], 112 kilometer noord van [[Chicago]]. Die stad dien as die administratiewe setel van die Milwaukee-distrik en as die kulturele en ekonomiese sentrum van die metropolitaanse gebied van Milwaukee-Racine-Waukesha met 'n totale bevolking van 1,7 miljoen.
 
Die eerste [[Europa|Europeërs]] wat die gebied van Milwaukee verken het, was [[Frankryk|Franse]] sendelinge en [[voyageurVoyageur|pelshandelaars]]. Die Franse setlaar [[Solomon Juneau]] het hom in [[1818]] in die gebied gevestig en in [[1846]] het sy nedersetting met twee ander buurdorpe saamgesluit om as die ''City of Milwaukee'' (Stad Milwaukee) geïnkorporeer te word. Danksy die groot getalle [[Duitsland|Duitse]] en ander immigrante het die stad in die 1840's en in die volgende dekades vinnig gegroei.
 
Duitse immigrasie het ook die basis gevorm vir Milwaukee se "goue tydperk" vanaf die middel van die 19de eeu wat deur 'n florerende kulturele en politieke lewe gekenmerk was en sy hoogtepunt in 1912 met die verkiesing van die eerste sosialistiese burgemeester in die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]] bereik het.
 
Die bewoners van Milwaukee staan in [[Engels]] as ''Milwaukeeans'' bekend en hulle stad het vanweë sy talle etniese en musiekfeeste die bynaam ''The City of Festivals'' gekry. Danksy die groot aantal brouerye wat hulle hoofkwartier in die stad het, word dit ook dikwels ''Brew City'' genoem. Ander byname is ''German Athens'' (vanweë die sterk Duitse invloed) en ''Cream City'' ('n verwysing na die stad se tipiese boumateriaal, roomkleurige bakstene). Milwaukee fungeer steeds as 'n eersterangse kulturele en vermaaksentrum vir die Upper Midwest-streek.
 
== Etimologie ==
 
Milwaukee se naam is afgelei van die Indiaanse woorde ''Millioke'' en ''Mahn-a-waukee Seepe'', wat letterlik "Die Goeie Land" of "Vergaderplek by die Water" beteken. 'n Ander vertaling is "Verruklike of Aangename Landerye". Die eerste ontdekkers het verskillende name aan die Milwaukee-rivier en sy omgewing gegee, soos ''Melleorki'', ''Milwacky'', ''Mahn-a-waukie'', ''Milwarck'' en ''Milwaucki''. Baie jare lank het die skryfwyse ''Milwaukie'' oorheers, totdat 'n plaaslike dagblad die spelling in die 1830's verander het na ''Milwaukee''. Hierdie skryfwyse het uiteindelik ingeburger geraak.
 
== Geografie en klimaat ==
[[Lêer:LightningVolt Lake Michigan Sunset.jpg|thumbduimnael|leftlinks|250px|Sononder oor die Michiganmeer]]
[[Lêer:Lake-derived-snow.svg|thumbduimnael|leftlinks|250px|Milwaukee se tipiese "meer-effek": koue winde dryf wolke oor die warm water van die Michiganmeer en lei tot swaar sneeuvalle]]
Milwaukee lê aan die wesoewer van die Michiganmeer en by die samevloeiïng van drie riviere: die Menomonee-, die Kinnickinnic- en die Milwaukee-rivier. Ook 'n aantal klein riviere soos die Rootrivier en Lincolnspruit vloei deur die stad. Milwaukee is soos die meeste Amerikaanse stede grotendeels volgens 'n roosterpatroon aangelê; strate wat in noordelike en suidelike rigting loop is oorwegend genommer, terwyl oos-westelike strate name het.
 
Die stad het vanweë sy ligging 'n uitgesproke kontinentale en vogtige klimaat met vier seisoene, wat deur groot temperatuurverskille gekenmerk word. Weerstoestande in die gebied verander daarnaas vinnig. Milwaukee se gemiddelde jaarlikse temperatuur is die tweede laagste van die VSA se vyftig grootste stede ná Minneapolis.
 
Julie is die warmste maand van die jaar met 'n gemiddelde maksimale temperatuur van 28&nbsp;°C (82&nbsp;°F) bedags en 19&nbsp;°C (66&nbsp;°F) snags. Die koudste maand is Januarie, met maksimale gemiddeldes van -3&nbsp;°C (27&nbsp;°F) bedags en -11&nbsp;°C (13&nbsp;°F) snags.
 
Die natste maand is Augustus, wanneer ook die meeste donderstorms voorkom. Hulle raak soms gevaarlik indien hulle gepaard gaan met verwoestende hael en sterk winde. Voorstede, wat in die binneland geleë is, word af en toe ook deur [[tornado]]s getref. Sneeuvalle kom gewoonlik tussen November en Maart voor, met 'n jaarlikse gemiddeld van 119 sentimeter. Sneeuval wissel egter heelwat en in die jaar [[2000]] is 126 sentimeter net in Desember aangeteken.
 
== Geskiedenis ==
 
=== Die tydperk voor 1800 ===
 
Die gebied van Milwaukee is oorspronklik deur 'n aantal Indiaanse stamme bewoon, waaronder die Fox, Mascouten, Potawatomi en Ho-Chunk (Winnebago) wat hulle vanaf 400 n.C. hier gevestig het. Franse sendelinge en pelshandelaars het die gebied in die laat 1600's en 1700's verken.
 
 
=== 1800 tot 1849 ===
[[Lêer:Solomon Juneau.jpg|thumb|rightduimnael|250px|Standbeeld van [[Solomon Juneau]] in Milwaukee se Juneau-park]]
Milwaukee het drie stigters, waarvan die Frans-Kanadees [[Solomon Juneau]] hom in [[1818]] as die eerste setlaar in die gebied gevestig het. Toe Vieau sy handelspos aan sy dogter, wat as "stigteres van Milwauke" bekend staan, oorhandig het, het Juneau sy skoonseun geword en die onderneming gekoop. Die Juneaus het die handelspos in [[1825]] na die oostelike oewer van die Milwaukee-rivier verskuif, waar hulle die dorp Juneau's Side (of Juneautown) gestig en sodoende meer setlaars na die gebied gelok het.
 
Maar Juneau het 'n mededinger met die naam Byron Kilbourn aan die wesoewer van die rivier gehad, wat aan daardie kant die dorp Kilbourntown gestig en seker gemaak het dat die paaie wat na die rivier gelei het nie met paaie aan die ander oewer saamgeloop het nie. Milwaukee word nog steeds deur 'n groot voorkoms van brûe met 'n hoekige vorm gekenmerk. Daarnaas het Kilbourn ook kaarte van die gebied versprei wat net Kilbourntown aangedui het en sodoende die indruk gewek het dat Juneautown nie bestaan het nie of dat die oostelike oewer onbewoon en dus minder aantreklik was.
 
=== 1850 tot 1900 ===
[[Lêer:Milwaukeecityhall.jpg|thumb|rightduimnael|250px|Die Raadsaal van Milwaukee]]
Teen die middel van die laat 19de eeu het Wisconsin en die Milwaukee-gebied 'n belangrike bestemming vir talle demokraties gesinde Duitse immigrante geword wat ná die mislukte Duitse rewolusie van die jaar 1848 'n nuwe heenkome oorsee gesoek het. Hulle het hier goedkoop grond en die burgerlike vryhede gevind wat hulle gesoek het. Duitse intellektueles het selfs die stigting van 'n vrye Duitse republiek in die gebied oorweeg, maar uiteindelik die opgradering van Milwaukee se sosiale en kulturele lewe bevorder en 'n aantal teaters en musiekgeselskappe is gestig. Die groot golf Duitse immigrante het 'n blywende invloed op Milwaukee en die deelstaat Wisconsin se ekonomie, politiek en kultuur gehad. Die bevolking het in die tydperk tussen [[1850]] en [[1851]] meer as verdubbel tot 46&nbsp;000 mense. Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het die stad se nywerhede sterk uitgebrei.
 
 
=== 1900 tot 1960 ===
[[Lêer:Milwaukee courthouse.jpg|thumb|rightduimnael|250px|''Federal Building'' en geregshof]]
Gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu was Milwaukee die sentrum van die sosialistiese beweging in die Verenigde State, nadat die sosialis Victor L. Berger daarin geslaag het om werkers en vakbonde agter sy nuwe Sosial-Demokratiese Party te skaar. Berger het later ook die eerste Sosialistiese afgevaardigde in die Amerikaanse Kongres geword. Die burgers van die stad het in hierdie tydperk drie sosialistiese burgemeesters verkies, nadat die party kiesers met pamflette in twaalf tale oor sy politieke agenda ingelig het: Emil Seidel ([[1910]]-[[1912]]), Daniel Hoan ([[1916]]-[[1940]]) en Frank Zeidler ([[1948]]-[[1960]]). Milwaukee was in hierdie opsig uniek in die VSA.
 
Die sosialiste van Milwaukee is dikwels "Riool-Sosialiste" genoem weens hulle praktiese benadering tot regeringsake en die belange van werkers. Hierdie praktyke het die skoonmaak van woonkwartiere en fabrieke deur middel van nuwe rioleringstelsels, water- en kragboorsiening, wat deur die stad beheer is, en 'n verbeterde onderwysstelsel beklemtoon. Alhoewel hulle hul invloed in die laat 1950's onder die invloed van die "rooi gevaar"-histerie geleidelik verloor het, bewaar die burgers van Milwaukee hul sosialistiese erfenis nog steeds. Hulle staan bekend vir hulle groot simpatie teenoor die vakbondbeweging en hulle wantroue teenoor groot besighede.
 
=== 1960 tot vandag ===
[[Lêer:Hoan Bridge.jpg|thumb|rightduimnael|250px|Hoanbrug, opgerig tussen 1970 en 1972]]
Milwaukee het net soos ander nywerheidstede in die noorde van die VSA tot by die 1950's vinnig gegroei. Groot getalle immigrante uit [[Ierland]], Duitsland, [[Hongarye]], [[Pole]] en ander Middel-Europese lande het die stad binnegestroom. Ook die noordwaartse migrasie van Swart Amerikaners uit die suidelike deelstate na Milwaukee was kenmerkend. Die stad het een van die vyftien grootstes in die VSA geword, en teen die middel van die sestigerjare het sy inwonerstal byna 750&nbsp;000 bereik. Desondanks was die 1960 's ook 'n periode van proteste, betogings en rasseonluste.
 
 
== Ekonomie ==
[[Lêer:Milwaukeedowntown.jpg|thumb|rightduimnael|250px|'n Lugfoto van die stadsentrum]]
Milwaukee en sy voorstede huisves die hoofkwartiere van dertien ''Fortune 1000''-ondernemings, waaronder ''Johnson Controls'', ''Northwestern Mutual'', ''Manpower Inc.'', ''Kohl's'', ''Harley-Davidson'', ''Rockwell Automation'', ''Fiserv'', ''Marshall & Ilsley Corp.'', ''Wisconsin Energy'', ''Briggs & Stratton'', ''Joy Global'', ''A.O. Smith'' en ''MGIC Investments''.
 
 
=== Brouerybedryf ===
 
Milwaukee het vroeër met die wêreld se vier grootste brouerye gespog (''Schlitz'', ''Blatz'', ''Pabst'' en ''Miller'') en was ook die grootste bierprodusent ter wêreld. Die stad het hierdie posisie intussen kwytgeraak en net een van die vier brouerye het oorgebly - Miller Brewing Company, wat tans nog 1&nbsp;700 werkers in diens het en die tweede grootste brouery in die land is.
 
=== Tegnologie ===
 
Milwaukee sal binnekort een van die eerste groot stede in die Verenigde State wees wat danksy die Milwaukee Wireless Initiative volledig draadloos gaan wees. 'n Privaatonderneming, ''Midwest Fiber Networks'', het VSA-$ 20 miljoen (ZAR 143,9 miljoen) belê in die opbou van 'n draadlose netwerk-infrastruktuur, wat in Maart 2008 voltooi sal wees.
 
== Kultuur ==
[[Lêer:Milwakee Art Museum.jpg|thumb|rightduimnael|250px|Die Kunsmuseum van Milwaukee]]
[[Lêer:Interior Milwaukee Art Museum.jpg|thumbduimnael|leftlinks|250px|Kunsmuseum van Milwaukee: die Quadracci-pawiljoen]]
Die '''Kunsmuseum van Milwaukee''' (''Milwaukee Art Museum'') het tot die stad se belangrikste kulturele en argitektoniese besienswaardigheid ontwikkel, veral danksy die nuwe vleuel van die gebou wat deur die argitek [[Santiago Calatrava]] ontwerp en teen 'n koste van VSA-$ 100 miljoen gebou is. Die museum pronk met 'n ''brise soleil'', 'n soort beweeglike sonskerm, wat soos die vlerk van 'n voël oopgesprei kan word.
 
Milwaukee huisves daarnaas ook Amerika se '''Black Holocaust Museum''', wat deur 'n oorlewende van 'n lynchmoordpoging, James Cameron, gestig is. Die museum behandel die geskiedenis van die Swart bevolking van die VSA en hulle onderdrukking in die verlede. Ander bekende museums in die stad sluit die '''Openbare Museum van Milwaukee''' (''Milwaukee Public Museum''), die '''Discovery World Museum''', '''Betty Brinn se Kindermuseum''' (''Betty Brinn Children's Museum''), die '''Mitchell Park Horticultural Conservatory''' en die '''Milwaukee-distrik se dieretuin''' (''Milwaukee County Zoo'') in.
 
Die '''musieklewe''' van Milwaukee het reeds voor die inkorporasie van die stad 'n aanvang geneem, toe die eerste georganiseerde musikale geselskap, die ''Milwaukee Beethoven Society'', in [[1843]] gestig is. Dit is later vervang deur die ''Milwaukee Musical Society''. Die musikale karakter van die stad is veral deur die groot getalle Duitse immigrante beïnvloed, en ''Sängerbund''-feeste het gereeld plaasgevind. Die plaaslike konservatorium, die ''Wisconsin Conservatory of Music'', is in [[1899]] gestig.
 
 
== Feeste ==
Die ''German Fest'' ("Duitse Fees") het vir die eerste keer in 1981 plaasgevind en word nou jaarliks gedurende die laaste volle naweek van Julie as die grootste Duitse fees in Noord-Amerika in Milwaukee se Henry Maier Festival Park gevier. Die fees konsentreer op die kultuur van Duitsland, [[Oostenryk]], [[Switserland]], [[Luxemburg, land|Luxemburg]] en ander Duitstalige gemeenskappe wêreldwyd en sluit tradisionele musiek van plaaslike en oorsese kunstenaars en orkeste, Duitse kookkuns en die kulturele tent in, waar mens 'n indruk van die verskillende historiese en huidige Duitssprekende gebiede soos byvoorbeeld [[Beiere]] kry. 'n Groot aantal Duits-Amerikaanse instellings neem aan die ''German Fest'' se parades deel.
 
== Susterstede ==
<div style="-moz-column-count: 3">
* {{vlagikoon|Venezuela}} [[Carora]], [[Venezuela]].<ref name="Susterstede">{{en}} {{cite web | url=http://sistercities.org/interactive-map/Milwaukee,%20Wisconsin | publisher=Sister Cities International | title=Milwaukee, Wisconsin | accessdate=21 Junie 2015}}</ref>
* {{vlagikoon|Republiek van Ierland}} [[Galway]], [[Republiek van Ierland]].<ref name="Susterstede"/>
* {{vlagikoon|Tanzanië}} [[Morogoro]], [[Tanzanië]].<ref name="Susterstede"/>
* {{vlagikoon|Suid-Afrika}} [[UMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit|uMhlathuze]], [[Suid-Afrika]].<ref name="Susterstede"/>
* {{vlagikoon|Japan}} [[Maebashi, Gunma|Maebashi]], [[Japan]].<ref name="Susterstede"/>
* {{vlagikoon|Kroasië}} [[Zadar]], [[Kroasië]].<ref name="Susterstede"/>
</div>
 
=== Vriendskapstede ===
Die ''German Fest'' ("Duitse Fees") het vir die eerste keer in 1981 plaasgevind en word nou jaarliks gedurende die laaste volle naweek van Julie as die grootste Duitse fees in Noord-Amerika in Milwaukee se Henry Maier Festival Park gevier. Die fees konsentreer op die kultuur van Duitsland, [[Oostenryk]], [[Switserland]], [[Luxemburg, land|Luxemburg]] en ander Duitstalige gemeenskappe wêreldwyd en sluit tradisionele musiek van plaaslike en oorsese kunstenaars en orkeste, Duitse kookkuns en die kulturele tent in, waar mens 'n indruk van die verskillende historiese en huidige Duitssprekende gebiede soos byvoorbeeld [[Beiere]] kry. 'n Groot aantal Duits-Amerikaanse instellings neem aan die ''German Fest'' se parades deel.
* {{vlagikoon|Volksrepubliek van Sjina}} [[Ningbo]], [[Volksrepubliek van Sjina]].<ref name="Susterstede"/>
 
== Verwysings ==
{{CommonsKategorie|Milwaukee, Wisconsin}}
{{Verwysings}}
 
=== Geskiedenis ===
* Alderman, Ralph M.: ''From Trading Post to Metropolis: Milwaukee County's First 150 Years''. Milwaukee: Milwaukee County Historical Society 1987
* Gurda, John: ''The Making of Milwaukee''. Milwaukee: Milwaukee County Historical Society 1999
* Still, Bayrd: ''Milwaukee: The History of a City''. Madison: State Historical Society of Wisconsin 1948
{{Voorbladster}}
 
[[Kategorie:Nedersettings in Wisconsin]]
 
{{Voorbladster}}

Navigasie-keuseskerm