Wysigings

Jump to navigation Jump to search
2 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
Naas Vieau kan twee ander mans daarop aanspraak maak dat hulle 'n beslissende bydrae gelewer het tot die ontstaan van 'n nedersetting. Solomon Juneau, 'n Franko-Kanadese handelaar en klerk uit Montreal, het hom in 1818 as assistent van Vieau hier gevestig. Toe Vieau sy handelspos aan sy dogter, wat as "stigteres van Milwauke" bekend staan, oorhandig het, het Juneau sy skoonseun geword en die onderneming gekoop. Die Juneaus het die handelspos in 1825 na die oostelike oewer van die Milwaukee-rivier verskuif, waar hulle die dorp Juneau's Side (of Juneautown) gestig en sodoende meer setlaars na die gebied gelok het.
[[Lêer:Flickr - …trialsanderrors - Wisconsin Street, Milwaukee, 1900.jpg|duimnael|links|Wisconsin-straat omstreeks 1900]]
Maar Juneau het 'n mededinger met die naam Byron Kilbourn aan die wesoewer van die rivier gehad, wat aan daardie kant die dorp Kilbourntown gestig en seker gemaak het dat die paaie, wat na die rivier gelei het, nie met paaie aan die ander oewer saamgeloop het nie. Milwaukee word nog steeds deur 'n groot voorkoms van brûe met 'n hoekige vorm gekenmerk. Daarnaas het Kilbourn ook kaarte van die gebied versprei wat net Kilbourntown aangedui het en sodoende die indruk gewek het dat Juneautown nie bestaan het nie of dat die oostelike oewer onbewoon en dus minder aantreklik was.
 
Die derde bekende stigter was George H. Walker, wat op grond suid van die Milwaukeerivier aanspraak gemaak het, insluitende Juneautown, waar hy in 1834 'n blokhuis opgerig het. Hierdie gebied het gegroei en as Walker's Point bekend gestaan.
99 545

wysigings

Navigasie-keuseskerm