Verskil tussen weergawes van "USS Nautilus"

Jump to navigation Jump to search
14 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (→‎Bron: Link GA is now handled by Wikidata, removed: {{Link GA|pl}} using AWB (10861))
[[Lêer:Nautilus (SSN 571) Groton CT 2002 May 08.jpg|thumbduimnael|regs|300px|Die ''Nautilus'' op 8 Mei 2002, op pad huistoe na sy uittrede.]]
 
Die '''USS Nautilus''' was die eerste [[kernaandrywing|kernaangedrewe]] [[duikboot]] en vaartuig wat ooit gebou was en het behoort aan die [[Amerikaanse Vloot]]. Die ''Nautilus'' was 'n konvensionele duikboot wat toegerus was met 'n kernaangedrewe enjin en die ''Nautilus''-projek was goedgekeur gedurende die [[1952]] begrotingsjaar deur die Amerikaanse Kongres.
 
== Tegniese besonderhede ==
Die duikboot het 3,764 ton water verplaas op die oppervlakte en 4,040 ton onder die water. Dit was 97,4 m lank, 8,4 m op sy wydste met 'n diepgang van 6,7 m. Dit was toegerus met ses 21-duim torpedobuise in die [[boeg]]. Energie is verskaf deur een S2W reaktor wat twee Westinghouse stoomturbines aangedryf het. Die [[turbine]]s het 15 000 skeepsperdekrag gelewer aan twee skroewe wat 'n onderwater snelheid van 28 [[knoop (snelheid)|knope]] verseker het.
 
== Reaktor ==
Die aanvanklke ontwerp vir kernaangedrewe duikboot enjins is deur Argonne National Laboratory begin gedurende [[1948]] en was voortgesit deur Bettis Atomic Power Laboratory by Westinghouse. Dit het gelei tot die lewering van die Duikboot Termiese Reaktor wat bekend gestaan het as S2W. Die reaktor het hoëdruk waterverkoeling metodes gebruik. Dié ontwerp het vir die volgende dekade die basis gevorm van kernaangdrewe duikbote in die Amerikaanse vloot.
 
== Ontwerp ==
Die duikboot se ontwerp was gebaseer op die Duitse [[Tweede Wêreldoorlog]] Tipe XXI duikboot. Die ontwerp verseker hoë werksverrigting onderwater maar ten koste van laer spoed en minder beweeglikheid.
 
== Geskiedenis ==
Die duikboot was te water gelaat op [[21 Januarie]] [[1954]] en in diens gestel op [[17 Januarie]] [[1955]]. Teen Augustus [[1958]] was daar genoeg vertroue in sy werksverriging en die duikboot vaar suksesvol onderdeur die [[Noordpool]] op [[3 Augustus]].
 
== Bron ==
* The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
* The US Warmachine. Salamander Books. 1979. ISBN O-86101-016-7
{{Saadjie}}
 
[[Kategorie:SkepeDuikbote]]

Navigasie-keuseskerm

Persoonlike gereedskap

Naamruimtes

Variante