Abraham Kuyper: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
185 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
Byvoeging van Joernalistieke tydskrifte .
(Nog 'n skakel)
(Byvoeging van Joernalistieke tydskrifte .)
}}
 
'''Abraham Kuyper''' (ook geskryf as Kuijper) (*[[29 Oktober]] [[1837]], [[Maassluis]] - †[[8 November]] [[1920]], [[Den Haag]]) was ’n Nederlandse politikus, joernalis, staatsman en teoloog.
 
Kuyper was die stigter van die eerste politieke party in Nederland, die [[Anti-Revolusionêre Party]] en die stigter van die [[Vrije Universiteit Amsterdam|Vrije Universiteit]]. Hy het ook bygedra tot die vorming van die [[Gereformeerde Kerke in Nederland]], aan die vernuwing van die [[Calvinisme]] en was van 1901 tot 1905 Eerste Minister van Nederland.
 
Vir sy ondersteuners, ’n volksdeel wat ook die ''kleine luyden'' (eenvoudige mense) genoem is, was Kuyper die gevierde leier. Sy teenstanders op kerklike gebied was veral die moderne-protestante, terwyl hy in die politiek veral teen die liberales en later ook die [[Sosialisme|sosialiste]] geveg het. Hy het sy politieke bondgenote in ander Christelike partye gevind, waaronder die [[Rooms-Katolieke Kerk|Rooms-Katolieke]] gereken is. Vir die politieke teenstelling tussen Christene en nie-Christene het Kuyper die begrip antitese ontwikkel.
 
Kuyper se joernalistieke bydra verdien in besonder om vermeld te word. Vir etlike jare was Kuyper hoofredakteur van 'n kerklike (De Herhaut) en 'n politieke (De Standaard) tydskrif.
 
Sy nagedagtenis bly voortleef binne en buite Nederland. In 2004 is hy genomineer vir die verkiesing van die grootste Nederlander.
Anonieme gebruiker

Navigasie-keuseskerm