Verskil tussen weergawes van "Johannes Petrus van der Walt"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe bladsy geskep met 'Ds. '''Johannes Petrus van der Walt''' (Ladybrand, Oranje-Vrystaat, 29 Augustus 1878Johannesburg, Transvaal, 2 Augustus 1922) was ’...')
 
Ds. '''Johannes Petrus van der Walt''' ([[Ladybrand]], [[Oranje-Vrystaat]], [[29 Augustus]] [[1878]] – [[Johannesburg]], [[Transvaal]], [[2 Augustus]] [[1922]]) was ’n predikant in die [[Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika]].
 
Petrus Johannes van der Walt is op [[Ladybrand]] in die Oos-Vrystaat gebore as seun van T.N. van der Walt. Hy is gedoop op [[2 Maart]] [[1879]] in die [[Gereformeerde kerk Ladybrand]], wat op [[20 Desember]] [[1872]] van die [[Gereformeerde kerk Reddersburg]] afgestig het. Nadat hy sy opleiding aan die [[Teologiese Skool, Burgersdorp]], voltooi het, het hy in 1909 ’n beroep aangeneem na sy enigste gemeente, [[Gereformeerde kerk Waterberg|Waterberg]], op die destydse [[Modimolle|Nylstroom]]. Op [[28 Januarie]] die volgende jaar is hy op [[Fauresmith]] in die [[Oranje-Vrystaat]] getroud met Maria Magdalena Henning (gebore op [[Burgersdorp]] op [[8 Mei]] [[1891]]. Die bruidegom was dus reeds 31 jaar oud en die bruid net 18. Ses kinders is uit dié huwelik gebore, van wie ’n seuntjie, Andries, jonk oorlede is. Daar was nog twee seuns en drie dogters.
 
Ds. Van der Walt het Waterberg net sowat 12 jaar bedien, want in Augustus 1922, 27 dae voor sy 44ste verjaardag, is hy in Johannesburg weens kanker oorlede ná ’n bittere lyding. Miemie van der Walt het 74 jaar oud geword en is op [[18 Mei]] [[1965]], 10 dae ná haar verjaardag, op [[Potchefstroom]] oorlede. Blykbaar het sy in die amper 43 jaar tussen haar man se dood en haar eie nooit hertrou nie. Sy en haar man is albei op Nylstroom begrawe.
85 663

wysigings

Navigasie-keuseskerm