Gaan na inhoud

Kanaaleilande: Verskil tussen weergawes

k
k (+ skakels)
[[Lêer:Crapaud St Helier Jersey.jpg|duimnael|Hierdie standbeeld van 'n ''crapaud'' of padda in Jersey se hoofstad St. Helier versinnebeeld die eilandbewoners se bynaam]]
[[Lêer:The Pierson, St Hellier, Jersey.jpg|duimnael|'n Tipiese kroeg (''pub'') in St. Helier, Jersey. Argitektuur, leefstyl en omgangstaal weerspieël die eilandgroep se status as selfregerende Britse kroongebied]]
Die oorgrote meerderheid van die bevolking is op die twee grootste eilande, Jersey en Guernsey, saamgetrek (met bevolkingsdigthede van onderskeidelik 750 en 920 inwoners per vierkante kilometer,). en daarDaar is net twee klein stedelike nedersettings, St. Peter Port as die administratiewe setel van Guernsey en St. Helier, sy eweknie op Jersey.
 
Die totale eilandbevolking word op sowat 164 000 beraam - 98 000 op Jersey, 63 000 op Guernsey, 2 100 op Alderney, 600 op Sark en 60 op Herm. Na die bewoners van Jersey word skertsend verwys as ''Toads'' (paddas), terwyl die inwoners van Guernsey ''Donkeys'' (donkies) genoem word - byname wat 'n sekere mededinging tussen die twee eilandbevolkings weerspieël: Jersey is in vergelyking met sy sustereilande die besigste en welvarendste eiland.