Verskil tussen weergawes van "Hans Christian Knudsen"

Jump to navigation Jump to search
No edit summary
 
== In Suidwes-Afrika ==
[[Beeld:Deutsch-Sudwestafrika.png|duimnael|regs|260px|Talle nedersettings in die sentrale en suidelike deel van [[Namibië]] het ontstaan danksy die werk van [[Rynse Sendinggenootskap|Rynse sendelinge]].]]
Intussen bereis Knudsen saam met eerw. [[Carl Hugo Hahn|C. Hugo Hahn]] die gebied van die stamme van Bethanien en Berseba en berig daaroor in dagboeke en verslae. Omdat fotografie destyds nog in Suid-Afrika haas onbekend was, teken en skilder Knudsen bekende hoofmanne, tipiese tonele en ook 'n aantal Herero in [[Windhoek]]. Daardeur word hy die eerste Europese kunstenaar wat in Suidwes-Afrika gevestig was. Sy werke is, behoudens enkele voorbeelde, na die Sendinginstituut in Barmen gestuur, waar dit in sendingtydskrifte verskyn het en tans in die sendingargief bewaar word. Die enigste voorbeelde van K. se kuns wat daar in Suid-Afrika aanwesig is, is twee portrette van Khoikhoi in besit van die [[Universiteit Stellenbosch]].
 
Die onbetroubaarheid en die trekgewoontes van sy gemeentelede besorg Knudsen baie teleurstellings en bekommernis; daarenteen aanvaar die stam Oorlamse Khoikhoi van [[Paul Goliath]] sy geestelike leiding so gretig dat hy in sy gebied in 1843 die stasie Gulbrandsdalen vir hulle stig, 'n naam wat hy kies omdat hierdie gebied hom laat dink het aan die landstreek in sy eie vaderland.
 
Op Bethanien het Knudsen die kliphuisie in 1842 herbou wat [[Johann Schmelen]] in 1814 gebou en bewoon het tot sy vertrek in 1834 bewoon het, maar wat tussen Schmelen se vertrek en Knudsen se koms afgebrand het. Ná die huisie word steeds as Schmelen-huis verwys, die oudste bestaande klipgebou in [[Namibië]] en die tweede wat Europeërs in die land opgerig het. Die eerste, wat die Wesleyaanse sendelinge in 1806 op [[Warmbad, Namibië|Warmbad]] gebou het, het [[Jager Afrikaner]], die vader van [[Jonker Afrikaner]], vernietig.
 
== Reis na Europa en huwelik ==
85 897

wysigings

Navigasie-keuseskerm