Verskil tussen weergawes van "David Cameron"

Jump to navigation Jump to search
13 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
David Cameron het [[filosofie]], [[politiek]] en [[ekonomie]] by die [[Universiteit van Oxford]] se Brasenose-kollege gestudeer waar hy in 1988 'n eersteklasgraad verwerf het. Hy word beskou as 'n moderne liberale lid van die [[Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)|Konserwatiewe Party]].
 
In 1997 het hy in die kiesafdeling Stafford vir die eerste keer as Euro-skeptiese konserwatiewe kandidaat vir die Britse Laerhuis gestaan. Maar eers in die algemene verkiesing van 2001 het hy daarin geslaag om 'n setel te verower, hierdie keer in die kiesafdeling Witney. Twee jaar later is hy bevorder tot die amptelike opposisie se parlementêre voorbank. Hy het vinnig in sy politieke loopbaan gevorder en is gedurende die verkiesingsveldtog van 2005 en 2006 as hoof van beleidskoördinasie van die Konserwatiewe Party benoem. Sy publiekeopenbare beeld van 'n jeugdige en gematigde kandidaat, wat veral by jong kiesers aanklank gevind het, het bygedra tot sy verkiesing as partyleier in 2005.
 
In die algemene verkiesing, wat op 6 Mei 2010 gehou is, het die Konserwatiewes 306 setels in 'n ''hung parliament'' (pat-parlement) verower. Ná vyf dae se onderhandelinge het Cameron saam met die [[Liberaal-Demokrate]] 'n koalisieregering gevorm - die eerste in die Verenigde Koninkryk sedert die [[Tweede Wêreldoorlog]]. Die destyds 43-jarige Cameron was die jongste Britse premier sedert Robert Jenkins, die 2de graaf van Liverpool, wat die ampseed 198 jaar tevore afgelê het.
 
In 'n referendumwaterskeidingsreferendum op 23 Junie 2016 het Britse kiesers hulle met 'n algehele meerderheid van 51,9 persent van die uitgebragte stemme teen die Verenigde Koninkryk se voortgesette lidmaatskap van die [[Europese Unie]] uitgespreek. Ná die bekendmaking van die referendum se finale uitslag op 24 Junie het Cameron aangekondig dat hy in Oktober 2016 as eerste minister sal bedank.<ref>[http://www.bbc.com/news/uk-politics-32810887 ''BBC News - The UK's EU referendum: All you need to know. Besoek op 26 Junie 2016'']</ref> Volgens hom is sy besluit daarop gegrond dat hy voel iemand anders die land verder moet lei op 'n nuwe weg, buite die Europese Unie.
 
== Verwysings ==
84 277

wysigings

Navigasie-keuseskerm