Verskil tussen weergawes van "David Cameron"

Jump to navigation Jump to search
140 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
'''David William Donald Cameron''' (* [[9 Oktober]] [[1966]] in [[Londen]]) is 'n Britse politikus en sedert 11 Mei 2010 die [[Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk]]. Sedert 6 Desember 2005 is hy leier van die [[Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)|Konserwatiewe Party]] en sedert [[2001]] 'n lid van die Parlement en verteenwoordig die kiesafdeling [[Witney]] in [[Oxfordshire]].
 
David Cameron het [[filosofie]], [[politiek]] en [[ekonomie]] by die [[Universiteit van Oxford]] se Brasenose-kollege gestudeer waar hy in 1988 'n eersteklasgraad verwerf het.<ref>[https://www.gov.uk/government/people/david-cameron ''gov.uk: The Rt Hon David Cameron MP - Biography. Besoek op 26 Junie 2016'']</ref> Hy word beskou as 'n moderne liberale lid van die [[Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)|Konserwatiewe Party]].
 
In 1997 het hy in die kiesafdeling Stafford vir die eerste keer as Euro-skeptiese konserwatiewe kandidaat vir die Britse Laerhuis gestaan. Maar eers in die algemene verkiesing van 2001 het hy daarin geslaag om 'n setel te verower, hierdie keer in die kiesafdeling Witney. Twee jaar later is hy bevorder tot die amptelike opposisie se parlementêre voorbank. Hy het vinnig in sy politieke loopbaan gevorder en is gedurende die verkiesingsveldtog van 2005 en 2006 as hoof van beleidskoördinasie van die Konserwatiewe Party benoem. Sy openbare beeld van 'n jeugdige en gematigde kandidaat, wat veral by jong kiesers aanklank gevind het, het bygedra tot sy verkiesing as partyleier in 2005.

Navigasie-keuseskerm