Verskil tussen weergawes van "Bakkie (voertuig)"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
 
[[Lêer:Nissan_Titan_King_Cab_002Nissan Titan King Cab 002.jpg|right|thumbduimnael|250px|'n [[Nissan]]-bakkie]]
 
'n '''Bakkie''' (ook ligte afleweringswa of nutsvoertuig) is 'n ligte voertuig met 'n oop bak waarop 'n vrag vervoer kan word en geskei is van die kajuit. Dié soort voertuie staan onder verskeie benamings in ander lande bekend. In [[Australië]] en [[Nieu-Seeland]] staan die voertuie as 'n ''ute'' bekend (afkomstig van die [[Engels]] vir "Coupe utility") en in [[Amerika]] as 'n ''pickup truck''. Die Nissan 1400 is 'n sprekende voorbeeld van die tipe bakkie wat vir jare lank baie gewild was in [[Suid-Afrika]]<ref>http://www.thelast1400.co.za/ - Agtergrond van die Nissan 1400 en gebruikers se verhale</ref><ref>http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Article_Text_Template/0,,303-716-717_2363304~E,00.html - Persberig oor die staking van die Nissan 1400 modelreeks</ref> Verskeie kajuitsoorte word in bakkies aangetref:
 
* Enkelkajuit (met twee aparte sitplekke, of 'n banksitplek, wat hoogstens drie [[volwassene]]s kan vervoer)
* Superkajuit (ook super cab, club cab of extended cab). Hierdie soort bakkie is baie gewild in Suid-Afrika omdat dit meer kajuitruimte bied maar ook die voordeel het dat [[Belasting op toegevoegde waarde|BTW]] teruggeëis kan word anders as in die geval van dubbelkajuite.<ref>http://www.eepublishers.co.za/view.php?sid=13408</ref><ref>http://www.motoring.co.za/index.php?fSectionId=751&fArticleId=228704</ref>.
* Dubbelkajuit - hierdie bakkies se kajuite het tipies sitplek vir 4 tot 5 volwasse insittendes.
* Bo-askajuit (Chassis cab, Cab forward) - hierdie bakkies se kajuite word bo die as gemonteer. Die [[Hyundai H-100]] (oorsee ''Hyundai Porter'' genoem) is 'n sprekende voorbeeld van dié soort kajuit.<ref>http://www.um.co.za/specifications/hyundai_bakkie_2_6d_deck_(2002).aspx Spesifikasies vir die Hyundai-bakkie</ref>
 
== Verwysings ==
{{verwysingsVerwysings}}
 
{{Saadjie}}
 

Navigasie-keuseskerm