Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Observatory"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
k (Sintaksfout)
 
Die '''NG gemeente Observatory''' is 'n gemeente van die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] in [[Kaapstad]] se gelyknamige voorstad.
 
Die eerste dienste in verband met die [[NG gemeente Kaapstad]] se werk in die voorstad Observatory is in die Taunton-saal deur eerw. B. Pienaar in Augustus 1903 gehou. Dit was ’n klein begin, maar die aantal aanbidders het so snel vermeerder dat reeds in 1905 daaraan gedink is om ’n gemeente te stig. Die Ringskommissie het egter, nadat hy ondersoek ingestel het, gemeen dat die tyd daarvoor nog nie aangebreek het nie.
 
Intussen het die kerkraad van die moedergemeente Kaapstad besluit om ’n doelmatiger gebou vir godsdiensoefeninge daar te stel. So is die NG kerksaal, wat tot en met die bou van die nuwe kerk as kerkgebou sou dien, in 1905 ingewy. Eerw. B. Barnard, wat met seën gearbei en veel gedoen het om die plaaslike gemeente op te bou, is op [[9 Oktober]] [[1906]] vervang deur ds. G.J. du Plessis, wat as agtste (met ander woorde een van agt, nie die agtste agtereenvolgens nie) die wyk Observatory as vaste werkkring gehad het.
 
Ná sy vertrek na die Nieuw Kerk ([[NG gemeente Tamboerskloof|Tamboerskloof]]) aan die begin van 1912 is weer pogings aangewend om ’n afsonderlike gemeente te stig. Hierdie keer het die pogings geslaag, die Ring gee sy goedkeuring en op [[11 November]] [[1912]] is die nuwe gemeente gestig. Die eerste leraar was ds. Daniel Francois Barnard, wat op Dinsdagaand [[19 Augustus]] [[1913]] bevestig is, maar ná ’n kort dog baie geseënde arbeid sterf hy op [[30 Oktober]] [[1914]] in die hospitaal in Rosebank in die jeugdige ouderdom van 20 jaar.
 
Sy opvolger was ds. E.G. du Toit, wat op [[6 Mei]] [[1915]] deur ds. [[Pieter Gerhardus Jacobus Meiring|P.G.J. Meiring]] van die [[NG gemeente Paarl|Paarl]] bevestig is. Hy het hom bearbei vir ’n duidelike grensskeidings en "arbeidt alhier met lust en Zegen op zijn werk", aldus ''Ons Kerk Album'' van 1917. Hy het in die gemeente, sy enigste, gestaan tot hy sy [[emeritaat]] in 1955 aanvaar het.
 
== Vorige leraars ==
* Adriaan Lodewikus Smit, 1976–1978
* Benjamin Johannes Kotzé, 1979 – hede (asook VGK Ebenhaezer)
 
== Bronne ==
* {{nl}} [[Gustave Adolph Maeder|Maeder, ds. G.A.]] en Zinn, Christian. 1917. ''Ons Kerk Album''. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
 
{{DEFAULTSORT:Observatory}}
85 063

wysigings

Navigasie-keuseskerm