Verskil tussen weergawes van "Wynberg"

Jump to navigation Jump to search
Geen grootteverandering nie ,  4 jaar gelede
k
Wys nedersetting se koördinate, replaced: thumb| → duimnael|
k (Wys nedersetting se koördinate, replaced: thumb| → duimnael|)
'''Wynberg''' is een van [[Kaapstad]] se grootste en oudste voorstede en is geleë in 'n pragtige boomryke deel van die suidelike voorstede teen die hange van [[Tafelberg]].
 
[[Lêer:Wynbergkerk.jpg|thumbduimnael|links|250px|Die meer as honderd jaar oue NG kerkgebou in Wynberg]]
Daar is 'n pragtige park, Maynardville, wat vernoem is na 'n lid van die Kaapse Parlement, James Maynard, en wat deur die stadsraad in [[1949]] aangekoop is. Dit word as openbare park benut en beskik oor 'n opelug-teater waar onder meer jaarliks 'n drama deur [[William Shakespeare]] opgevoer word. Dit is ook die tuiste van die Gemeenskapskas se jaarlikse kermis. Nie ver van Maynardville nie, is die geskiedkundige gebou van die [[NG gemeente Wynberg]], asook die Chelsea Village met sy ewe geskiedkundige kothuisies en smal, karaktervolle straatjies.
 
Wynberg het 'n groot verskeidenheid oudhedewinkeltjies en sy hoofstraat, wat deel is van Hoofweg wat uit die middestad tot in [[Vishoek]] loop, is 'n besige sakekern met onder meer die Maynard Mall-inkopiesentrum. Weens sy grootte, huisves Wynberg 'n wye verskeidenheid mense, van die superrykes in die boonste dele naby die berg tot heel gewone werkers aan die [[Kaapse Vlakte]] se kant.
 
Van die skole in die voorstad is onder meer die [[Laerskool Simon van der Stel]] en die [[Hoër Seunskool Wynberg]] en [[Hoër Meisieskool Wynberg]].
 
==Wapen==
Wynberg het van 1886 tot 1927 sy eie munisipaliteit gehad. Die raad het 'n wapen in 1895 aangeneem wat deur raadslid Stanley Ponder ontwerp is : ''Gevierendeel, I in rooi drie goue ringe; II in goud 'n swart anker; III in swart 'n tent met 'n wapperende wimpel alles van silwer; IV in groen 'n wingerdstok vergesel in die skildhoof van drie fleurs de lis langs mekaar geplaas alles van goud.'' Die wapenspreuk was "Vivat crescat floreat vitis".<ref name=wka>Wes-Kaapse Argief : Wynberg Munisipale Notules (17 Junie 1895).</ref> <ref name=wt>''Wynberg Times'' (29 Junie 1895).</ref>
 
== Bronne ==
13 247

wysigings

Navigasie-keuseskerm