Verskil tussen weergawes van "Johannes Beijer"

Jump to navigation Jump to search
 
== Terug na Nederland ==
[[Beeld:Ds Johannes Beijer aan die preek.jpg|duimnael|regs|200px|Ds. Beijer aan die preek.]]
In Maart 1869 vertrek ds. Beijer met sy gesin met agt maande verlof na Nederland weens sy vrou se swak gesondheid en ds. S.D. Venter word beroep as konsulent van Reddersburg. In dieselfde jaar aanvaar ds. Beijer 'n beroep na die Christelike Gereformeerde gemeente van Alblasserdam. In hierdie tyd het heelwat beroering in die gemeente gekom. Die eerste skok het gekom toe die gemeente nadat die verloftyd van ds. Beijer verstreke was, moes verneem dat hy, sonder dat behoorlik losgemaak is van sy verbintenis met die gemeente, 'n beroep aanvaar het na Alblasserdam in Nederland. Dit blyk egter dat ds. Beijer so gelief was in die gemeente dat hy in 1874 weer beroep is, hoewel dit nie geslaag het nie. Later het dit geblyk dat ds. Venter sekere inligting van die gemeente weerhou het aangaande ds. Beijer, naamlik dat hy verlof gevra het na Nederland om daar 'n beter heenkome te gaan soek. Hierdie saak het 'n mate van spanning gebring tussen ds. Dirk Postma en ds. S.D. Venter. Laasgenoemde was 'n sterk aanhanger van ds. Beijer omdat hy die enigste student was wat onder ds. Beijer sy opleiding voltooi het.
 
84 826

wysigings

Navigasie-keuseskerm