Verskil tussen weergawes van "Johannes Beijer"

Jump to navigation Jump to search
2 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
 
== Persoonlikheid en waardering ==
profDr. Spoelstra beskryf ds. Beijer as "'n gevoelvolle en gevoelige persoonlikheid, geneig tot egosentrisme, maar nogtans 'n gevierde en indrukwekkende prediker" vir wie [[Gereformeerde kerk Reddersburg|Reddersburg]] in 1870 vrugteloos terugberoep het. Al het huislike probleme, sy gesondheid en sy tweede vrou s’n, en ander faktore sy dienstyd in Suid-Afrika verkort en eindelik sy lewensaand tragies kleur, het hy as een van die eerste twee predikante deur sy diens en as apologeet veral in Nederland deur sy geskrifte vir sy kerkverband baie beteken. Spoelstra skryf by ’n ander geleentheid: “Beijer was 'n vloeiende prediker met 'n helder swaar stem en 'n lewendige voordrag. Hy was ongetwyfeld populêr in sy gemeente. Sy gevoelvolle persoonlikheid verleen 'n mooi menslike kleur aan sy reisbeskrywings en briewe.” Dis bekend dat hy na Leeuwarden en sy vaderland verlang het (ten minste in sy eerste jaar in die Vrystaat), maar hy het in Suid-Afrika volhard omdat hy hom geroepe gevoel het om hier te werk. In 1864 het ds. Beijer melding gemaak van sy swak gesondheid. Volgens foto’s van hom was hy lank, skraal en ondergewig. Spoelstra vermoed die oorsaak kon tering gewees het.
 
== Gesinslewe ==
84 871

wysigings

Navigasie-keuseskerm