Verskil tussen weergawes van "Nedersetting"

Jump to navigation Jump to search
16 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
([[ ]])
[[Lêer:Flora OR - aerial.jpg|thumbduimnael|regs|300px|Die nedersetting Flora in Oregon, VSA.]]
[[Lêer:Namibie Kolmanskop 05.JPG|thumbduimnael|regs|300px|Verlate geboue in [[Kolmanskop]], [[Namibië]].]]
 
'n '''Nedersetting''' of '''lokaliteit''' is 'n plek waar 'n groep [[mens]]e (tydelik of permanent) woon of, in die verlede gewoon het. Dit sluit gehuggies, [[dorp]]e, buurte, [[stad|stede]] en metropole in, ongeag van grootte of belangrikheid daarvan. 'n Nedersetting sluit ook die opgeboude infrastruktuur, soos huise, [[kerk]]e, [[pad|paaie]], parke, [[dam]]me en so meer in.
 
== Soorte nedersettings ==
; Myndorpe
: Ontstaan naby 'n plek waar minerale ontgin word, soos [[Johannesburg]] (goud), [[Phalaborwa]] (koper), [[Kimberley]] (diamante), [[Welkom]] (goud), [[Thabazimbi]] (ystererts) en [[Witbank]] (steenkool). [[Pelgrimsrus]] is 'n gerestoureerde, historiese myndorpie.
 
; Vakansiedorpe
: Die plekke het hul bestaan te danke aan pragtige natuurskoon of ontspanningsaktiwiteite wat toeriste lok, soos [[Knysna]], [[Plettenbergbaai]], [[Bela-Bela]] en [[Margate]].
 
; Nywerheidstede
: Ontstaan as gevolg van fabrieke, soos [[Vanderbijlpark]] en [[Sasolburg]].
 
; Hawestede
: Hawestede bied op- en aflaaipunte vir goedere per skip, soos [[Durban]], [[Kaapstad]] en [[Richardsbaai]].
 
; Handel en vervoer
: Die dorpe of stede ontstaan langs hoofspoorlyne en grootpaaie. [[Germiston]] het ontwikkel waar spoorweë van die hawens af saamgekom het. [[De Aar]] het ontwikkel waar spoorlyne gekruis het. [[Bitterfontein]] in Namakwaland het ontstaan waar spoorweë eindig en waar oorgeskakel moes word van spoorvervoer na padvervoer.
 
; Opvoedkundig
: [[Universiteit]]e en [[skool|skole]] is hier geleë en lok studente en leerkragte, soos [[Stellenbosch]], [[Grahamstad]] en [[Potchefstroom]].
 
== Sien ook ==
{{commonskatCommonskat|Settlements}}
* [[Écart]], klein soort nedersetting in landelike dele van Frankryk.
* [[Dorp]], 'n klein nedersetting in 'n landelike area wat kleiner as 'n stad is.

Navigasie-keuseskerm