Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

Jump to navigation Jump to search
::::'n Soektog help en lewer 'n foto van die ''Vogtei'' op: [http://www.audioguideportal.de/reiseziel/784/vogtei-der-wartburg ''Architektur in Eisenach - Vogtei der Wartburg'']. Dit is klaarblyklik 'n gebou binne die uitgestrekte kasteelkompleks, en ons mag die term ''Vogt'' gerus as "administrasie-amptenaar" of so iets vertaal. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 20:00, 28 Mei 2017 (UTC)
:::::Voya, my raad is: plaas maar 'n voetnota met 'n kort verduideliking vir buitelandse terminologie wat die mense nog nie ken nie. Plaas dan maar net die woord in skuinsskrif, niemand sal vir jou kwaad wees nie. Ek kom vanaand die eerste keer in my lewe die woord [[:nl:Eendenkooi]] teë. Dit werk op presies dieselfde prinsiep as 'n visvywer - maar nou net met wilde-eende! Slim Friese en Hollanders hierdie - sedert Caesar lank genoeg tussen die riete deurgebring. ''Kooi'' hou verband met ''kou'' of ''koutjie''. Jy kry dus 'n kooiman (wat die eende vang), met sy kooihond (sy "assistent"). Daardie woord ''eendekooi'' is wérklik in die WAT ook opgeneem. Maar hoeveel van ons ken dit? Niemand. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:26, 28 Mei 2017 (UTC)
 
== Uitsluitsel oor Sjina vs. China ==
 
Die Afrikaanse Wikipedia het 'n behoefte daaraan om uitsluitsel te kry oor die gebruik van die Sj-/Ch-spelwyse vir [[Sjina]] sodat ons één spelwyse konsekwent oor die hele ensiklopedie kan gebruik.
 
Die onsekerheid oor welke vorm vanpas is vir hierdie projek stam m.i. af van breër onsekerheid wat in die gemeenskap heers m.b.t. hoe hoog die opinie van die Taalkommissie in Wikipedia se sake geag word.
 
M.i. moet die Afrikaanse Wikipedia totaal onafhanklik van eksterne invloed bestaan en moet die gemeenskap wat hier betrokke is 'n besluit neem, ingelig deur die Taalkommissie se perspektief asook deur praktiese en ideologiese beginsels.
 
Ons moet veral waak teen politieke inmenging in ons tradisionele instellings wat misbruik kan word om invloed oor die Afrikaanse Wikipedia te probeer uitoefen. [[Gebruiker:Christiaan Human|Christiaan Human]] ([[Gebruikerbespreking:Christiaan Human|kontak]]) 19:31, 2 Junie 2017 (UTC)
188

wysigings

Navigasie-keuseskerm