Verskil tussen weergawes van "Zlín"

Jump to navigation Jump to search
4 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(ditto)
k
Etiket: 2017-bronwysiging
'''Zlín''' ([zliːn], [[Duits]]: ''Zlin'') is 'n [[Tsjeggië|Tsjeggiese]] stad in die suidooste van [[Morawië]], geleë aan die Dřevnice-rivier. Die ontwikkeling van die moderne stad is nou verbonde aan die ''Bata''-skoenfabriek wat in die laaste dekade van die 19de eeu hier deur Tomáš Baťa (1876–1932), 'n boorling van Zlín, gevestig is en, volgens sy beleid van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid, ná die [[Eerste Wêreldoorlog]] moderne behuising en ander geriewe soos sportfasiliteite en vermaaklikheidsgeriewe aan sy personeel verskaf het - as deel van 'n "totale omgewing".
 
Die onderneming het moderne vervaardigingsprosesse ingevoer wat deur [[Henry Ford]] se motoraanlegte geïnspireer is en tot 'n wêreldleier in die skoenbedryf gegroei het. Bata het ook in [[Suid-Afrika]] bekendheid verwerf met sy skoene vir skoolkinders, die befaamde ''Toughees'' wat in 1954 as handelsmerk ingevoer is.<ref>{{en}} [http://www.bata.co.za/brands/toughees/www.bata.co.za Toughees - Bata South Africa: A trusted household name.] Besoek op 18 Julie 2017</ref> ''Bata'' se hoofkwartier, die [[wolkekrabber]] "Bata gebou nr. 21", was in sy ontstaanstyd die hoogste gebou in Europa.
 
Met die kommunistiese magsoorname in [[Tsjeggo-Slowakye]] in 1948 is ''Bata'' se plaaslike aanlegte en bates genasionaliseer, terwyl die onderneming in westerse lande voortbestaan het as 'n privaatmaatskappy in familiebesit. Ná 'n kort herlewing in die post-kommunistiese markekonomie is die laaste skoenfabrieke, wat lankal nie meer met mededingers op die wêreldmark tred kon hou nie, in die 1990's gesluit. Zlín is tussen 1949 en 1990 hernoem as Gottwaldov, ter ere van die kommunistiese politikus Klement Gottwald.

Navigasie-keuseskerm