Verskil tussen weergawes van "Anorganiese chemie"

Jump to navigation Jump to search
1 800 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
 
Anorganiese chemie sluit beide molekulêre verbindings in wat as diskrete [[Molekuul|molekules]] bestaan, benewens [[kristal]]le, waarvan die struktuur beskryf kan word as 'n oneindige raamwerk van reëlmatig-geordende atome wat in [[kristallografie]] en vastetoestandchemie bestudeer word.
 
==Chemiese binding==
[[Lêer:Van Arkel-Ketelaar triangle-af.svg|duimnael|Van Arkel-Ketelaar-diagram]]
Daar kan drie tipes chemiese binding onderskei word:
*Ioniese binding
*Kovalente binding
*Metalliese binding
Hierdie drie tipes is nogtans net drie uiterste gevalle van een verskynsel, nie drie aparte verskynsels nie. Daar is talle verbindings waarin die binding gedeeltelik ionies en gedeeltelik kovalent is. Dit word polêr-kovalent genoem, maar daar is ook oorgangsvorms tussen ionies en metallies ensomeer. Die Van Arkel-Ketelaar-diagram gee dit in 'n driehoek weer.
 
==Molekulêr en nie-molekulêr==
In organiese chemie speel veral die kovalente binding 'n hoofrol en dit lei dikwels tot ''molekulêre verbindings''. Mens kan in die vloeistof koolstoftetrachloried duidelik {{chem|C|Cl|4}} onderskei, wat ook in die damp voorkom. Ons kan ook onderskei tot watter molekuul 'n bepaalde chlooratoom behoort. Die atoomafstande binne die molekuul is almal kort. Die afstand tot 'n atoom van 'n volgende molekuul is baie groter.
 
In 'n anorganiese verbinding soos sesiumchloried {{chem|Cs|Cl}} is die binding egter ionies en elke sesiumioon het 8 chloried-ioon nabure: die [[koördinasiegetal]] is 8 en dit is onmoontlik te sê welke chlooratoom by 'n "molekuul" CsCl behoort. Die agt Cs-Cl is almal ewe groot.
 
In materiale met metaalbinding kan dikwels dieselfde gesê word. Daar is byvoorbeeld 'n verbinding tussen [[gadolinium]] en [[kwik]] (gadoliumamalgaam) wat die formule {{chem|Gd|Hg}} en dieselfde struktuur as sesiumchloried.<ref>Mercury Handbook: Chemistry, Applications and Environmental Impact {{Outeur|L F Kozin, S C Hansen}}, Royal Society of Chemistry, 2013,ISBN 1849734097, ISBN 9781849734097</ref> Die koördinasiegetalle is ook 8 en ons kan geen GdHg-"molekule" onderskei nie.
 
== Reaksies ==
22 781

wysigings

Navigasie-keuseskerm