Verskil tussen weergawes van "Spaanse Inkwisisie"

Jump to navigation Jump to search
1 610 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
 
In die [[18de eeu]] het die aantal sake van die Inkwisisie teen die ''conversos'' baie verminder. 'n Sekere Manuel Santiago Vivar was in [[1818]] in Córdoba die laaste persoon wat deur die Inkwisisie verhoor word as kripto-jood.
 
===Onderdrukking van die protestantisme===
In die 16de eeu begin die Inkwisisie minder aandag te bestee aan die ''conversos''. Die taak word nou die bestryding van die [[protestantisme]], wat in Spanje enkele aanhangers gehad het.
 
Dit is 'n misverstand dat die Spaanse Inkwisisie 'n groot rol gespeel het in die onderdrukking van die protestantisme. Daar was betreklik min protestante deur die Inkwisisie verhoor, waarskynlik slegs 'n paar honderd. Daar was ook maar min protestante in Spanje. Baie was mense wat verdink was van antikerklike gevoelens was aangekla van protestantisme, sonder dat hulle daadwerklik protestante was.
 
Die eerste sake van die Inkwisisie teen protestante was wat teen die lede van 'n mistieke sekte in [[Guadalajara]] en [[Valladolid]]. Nie een van die beskuldiges word ter dood veroordeel nie, maar tydens hierdie hofsake het die Inkwisisie wel 'n aantal intellektuele en geestelike op die spoor van die idees van [[Desiderius Erasmus]] aanhang.
 
Die eerste sake teen aanhangers van [[Lutheranisme]] vind plaas tussen [[1558]] en [[1562]], toe die Inkwisisie hul aandag rig op twee protestantse gemeenskappe in Valladolid en Sevilla. 'n Groot aantal hofsake en [[auto de fe]]s vind plaas, waarvan sommiges bygewoon is deur lede van die koninklike familie. Alhoewel die prosesse deurgaan het tot in [[1562]], was die vervolgings meer beperk en dit word geskat dat teen die einde van die 16de eeu 'n dosyn Spanjaarde vir lutheranisme ter dood veroordeel is. Hiermee was die protestantisme in Spanje, wat nooit werklik van die grond gekom het nie, so te sê volledig uitgeroei.
 
== Bron ==
19 766

wysigings

Navigasie-keuseskerm