Verskil tussen weergawes van "Spaanse Inkwisisie"

Jump to navigation Jump to search
2 993 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
==Verval en einde van die Inkwisisie==
Die jaar [[1833]], meer bepaald na die dood van Ferdinand VII, beteken die absolute einde van die Spaanse Inkwisisie, maar in werklikheid was hierdie instansie al sedert [[1700]] nie meer aktief nie. Met die koms van die [[Huis van Bourbon | Bourbon-dinastie]] op die Spaanse troon is daar al 'n einde aan die "Spaanse" Inkwisisie.
 
==Aantal slagoffers==
Volgens die historikus Hernando del Pulgar (1436 - 1492), 'n tydgenoot van Ferdinand II en Isabella van Kastilië, het die Inkwisisie tussen 1478 en 1490 ongeveer 2 000 mense na die brandstapel gestuur en 15 000 mense met die kerk "versoen".
 
Moderne historici het begin met die bestudering van argiefstukke van die Inkwisisie. Hierdie argiewe, wat tans bewaar word in die Historiese Argief van Spanje (''Archivo Histórico Nacional''), bevat data van alle hofsake wat tussen 1560 en 1700 deur die Inkwisisie uitgevoer is: 49 092 in totaal. Hierdie inligting is bestudeer deur Gustav Henningsen en Jaime Contreras. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat in hierdie tydperk 933 verdagte veroordeel is tot die brandstapel dus 1,9% van die totale aantal verdagtes.
 
Die sake wat die Inkwisisie voor 1560 hanteer betref, bevat die argiewe in die Historiese Argief van Spanje slegs beperkte inligting. Om hierdie sake te bestudeer is dit noodsaaklik om die argiewe van die verskillende plaaslike tribunale te ondersoek. Die meerderheid van hierdie plaaslike argiewe het egter in die loop van die tyd verlore gegaan.
 
Pierre Dedieu ondersoek die argiewe van [[Toledo]], waar 12 000 sake teen ketters gevoer is. Ricardo García Cárcel analiseer die argiewe van die tribunaal in [[Valencia, Spanje | Valencia]]. Die ondersoeke van Dedieu en García Cárcel dui daarop dat die Inkwisisie tussen 1480 en 1530 die aktiefste was. Die persentasie van die sake wat gelei het tot 'n veroordeling tot die brandstapel is in hierdie tydperk aansienlik hoër as in die tydperk van 1560 tot 1700.
 
García Cárcel skat dat die Inkwisisie gedurende die instelling se hele bestaan ongeveer 150 000 sake ondersoek het. Gebasseer op die persentasie in die tydperk 1560-1700 (ongeveer 2%), sou dit beteken dat daar ongeveer 3 000 mense ter dood veroordeeld is. Indien rekening gehou word met die data van Dedieu en García Cárcel oor die begin tydperk van die Inkwisisie is dit egter waarskynlik dat die werklike aantal deur die Spaanse Inkwisisie ter dood veroordeel tussen 3 000 en 5 000 beloop.
 
Die bestudeering van ander dokumente, wat in 2004 in die Vatikaanse Argiewe ontdek is, openbaar ander syfers. Tussen 1540 en 1700 sou die Spaanse Inkwisisie 44 647 ketter hofsake gevoer het, waarby in 804 gevalle (1,8%) die doodstraf uitgespreek is. Ook was die verdagtes in 1,7% van die sake in afwesigheid (in absentia) tot die brandstapel veroordeel omdat die verdagte vroegtydig ontsnap het.
 
Die Amerikaanse politikoloog Rummel stel, op grond van vroeëre twintigste eeuse bronne, 'n aantal ketter verbrandings tussen 2 000 en 10 220 in die tydperk 1483-1498 alleen (toe Torquemada in beheer was van die Inkwisisie), en merk daar op dat 'n maksimum 125 000 mense in hierdie tyd doodgemartel was of in gevangenskap gesterf het.
 
Presiese syfers oor die aantal Inkwisisie sake en die resultate daarvan kan nie meer vasgestel word nie. Daarvoor het daar te veel dokumente verlore gegaan.
 
== Bron ==
20 045

wysigings

Navigasie-keuseskerm