Verskil tussen weergawes van "Samniete"

Jump to navigation Jump to search
8 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
Die einde van die laaste Samnitiese Oorlog het die politieke onderwerping beteken en die Samniete gedwing om bondgenote van Rome te word. 'n Proses van romanisering het begin, maar hierdie proses het lank geduur en hulle was nie altyd betroubare bondgenote nie.
 
Die oorlog teen die Epiriese koning Pyrrhus word soms die Vierde Samnitiese Oorlog genoem. Die Griekse stad Tarentum het hom om hulp gevra, maar die Samniete het hom ook gesteun. Hy het selfs 'n vrede voorgestel waarin die Grieke van die suide, soos die Tarentyne, en die Samniete, ApuliersApuliẽrs en LucaniersLucaniẽrs hulle vryheid van Rome terugkry, maar die Senaat het dit afgewys.<ref>Rome and the Mediterranean 290 to 146 BC {{Outeur|Nathan Rosenstein}} Edinburgh University Press, 2012 ISBN 0-7486-5081-4, ISBN 978-0-7486-5081-1</ref>
 
Tydens die Tweede Puniese Oorlog het Hannibal wat in hierdie streke rondgetrek het geprobeer om van die Samniete steun te kry. Die meeste van hulle het sy kant gekies, maar nie die Pentri nie wat aan Rome trou gebly het.<ref>Hannibal's War: A Military History of the Second Punic War {{Outeur|John Francis Lazenby}}
22 781

wysigings

Navigasie-keuseskerm