Wysigings

Jump to navigation Jump to search
Uitleg van bronteks
'''''Die Suiderstem''''' was 'n [[Kaapstad]]se middagblad en lyfblad van die [[Verenigde Party]] van [[1936]] tot [[1949]].
 
== Ontstaan ==
In [[1932]] het twee koerante wat die indertydse [[Suid-Afrikaanse Party]] goedgesind was, ''[[De Zuid-Afrikaan]] vereenigd met Ons Land'' (algemeen bekend as ''Ons Land'') en ''[[De Goede Hoop]]'', saam met hulle uitgewer, [[Van de Sandt de Villiers en Kie.]], van die toneel verdwyn en so die regerende party, wat in [[1934]] saam met die [[Nasionale Party]] die [[Verenigde Party]] geword het, sonder 'n Kaapse lyfblad gelaat. Die enigste Afrikaanse dagblad in Kaapstad was toe ''[[Die Burger]]'', 'n vurige ondersteuner van die Gesuiwerde [[Nasionale Party]]. In [[1936]] rig regeringsondersteuners die [[Unie-Volkspers]] Beperk in Kaapstad op en die maatskappy se nuwe middagblad, ''Die Suiderstem'' maak sy buiging op [[8 Oktober]] [[1936]] as ondersteuner van die V.P.
 
In [[Port Elizabeth]] is [[Blaar Coetzee]] aangestel as redakteur van die V.P. se halfweeklikse Afrikaanse blad, ''Ons Land''. Die [[koerant]] is einde Oktober [[1939]] gestig. Die eerste redakteur van ''Die Suiderstem'' was dr. C.J.S. Strydom, wat deur [[Abraham Jonker]] vervang is toe hy lid van [[Unie-Volkspers]] se direksie geword het. [[Uys Krige]], skrywer en digter, was die letterkunderedakteur.
 
== Uitbreiding ==
Gou is 'n groot kapitaal van £100 000 byeen gebring. Die Unie-Volkspers het takke opgerig in [[Port Elizabeth]], [[Bloemfontein]], [[Johannesburg]] en op [[Vereeniging]], [[Pietersburg]], [[Standerton]], [[Volksrust]] en elders in die [[Transvaal]], asook in [[Namibië|Suidwes-Afrika]] in [[Windhoek]], waar die ''[[Die Suidwes-Afrikaner]]'' lang jare die V.P. se lyfblad was in kompetisie met die [[Nasionale Party]] se ''[[Suidwester]]''. Van die skrywers wat in die jare 40 boeke by die Unie-Volkspers laat uitgee het, was onder meer [[Freda Linde]], [[Uys Krige]], [[E.B. Grosskopf]], [[I.D. du Plessis]] en [[Abraham Jonker|A.H. Jonker]]. Die maatskappy het ook sy eie boekwinkel opgerig.
 
''[[Die Burger]]'' en ''Die Suiderstem'' het eers redelik beleefd teenoor mekaar opgetree, maar met die uitbreek van die [[Tweede Wêreldoorlog]] en die bedanking van genl. [[James Barry Munnik Hertzog|J.B.M. Hertzog]], het oorlog ook tussen die twee koerante uitgebreek. ''Die Suiderstem'' het die oorlogsverklaring teen [[Duitsland]] heelhartig ondersteun, terwyl ''Die Burger'' neutraliteit bepleit het.
 
== Verdwyning ==
Die ondergang van die V.P. se partypolitieke blaaie het gou op die skokkende nederlaag in die verkiesing van [[1948]] gevolg. Waar die Unie-Volkspers se omset in sommige jare £350 000 beloop het, was sy skuld teen [[1949]] sowat £500 000. Die maatskappy se voorsitter, sen. A.M. Conroy, het sir [[De Villiers Graaff]] persoonlik genader om dit te delg, maar hy het geweier. Die maatskappy is uiteindelik gelikwideer en die [[Nasionale Pers]] het in [[1951]] besondere winskope gemaak met sy tender vir 'n rolpers en ander perstoerusting.
 
[[Lêer:Taalakker Die Suiderstem.jpg|thumb|320px|regs|'n Advertensie in die 1937-jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring vir "Op ons taalakker" in ''Die Suiderstem''.]]
 
== Sien ook ==
*[[Lys van Suid-Afrikaanse dagblaaie]]
* Dr. [[Christiaan Strydom]]
 
== Bronne ==
* {{af}} Muller, C.F.J. 1990. ''Sonop in die Suide''. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
 
== Eksterne skakels ==
* {{af}} [http://www.storiewerf.co.za/cv's/cv_fredalinde.htm Freda Linde begin haar loopbaan by ''Die Suiderstem'']. URL besoek op 22 September 2015.
* {{en}} [Unie-Volkspers Beperk Die Suiderstem.jpg Die gebou wat die Unie-Volkspers Beperk en ''Die Suiderstem'' gehuisves het, soos te sien op Google Maps]. URL besoek op 22 September 2015.
259 870

wysigings

Navigasie-keuseskerm