Verskil tussen weergawes van "Tzaneen"

Jump to navigation Jump to search
12 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
'''Tzaneen''' is 'n dorp geleë in die [[Mopani-distriksmunisipaliteit|Mopani-distrik]] van die [[Limpopo (provinsie)|Limpopoprovinsie]], [[Suid-Afrika]]. Die omliggende gebied leen homself tot die kweek van [[vrugte|gewasse]] soos [[piesang]]s, [[sitrus]], [[veselperske|mango]]'s, [[lietsjie]]s en [[avokado]]'s; alles te danke aan die hoë reënval en subtropiese klimaat.
 
== Geskiedenis ==
Die dorp het in [[1903]] ontstaan toe die koloniale regering van [[Transvaal]] 'n proef- en navorsingstasie vir tropiese en sub-tropiese vrugte op 3 000 ha gestig het. Dit het [[tabak]] ingesluit. Die navorsingstasie was 'n groot sukses. Die grond is in [[1916]] prysgegee en aan boere toegeken. Die nuwe dorpsgebied is in [[1919]] uitgelê.
 
Die naam Tzaneen <ref name=dsapn>{{cite web|title=Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)|url=https://archive.org/stream/DictionaryOfSouthernAfricanPlaceNames/SaPlaceNames#page/n441/mode/2up/search/Tzaneen|publisher=Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing|page=441}}</ref> is waarskynlik afkomstig van die [[Noord-Sotho|Sotho]]-woord ''tsana'', wat letterlik ''mandjie'' beteken, verwysend na die feit dat die dorp in 'n "mandjie van heuwels" lê. Die spoorlyn vanaf [[Kaapmuiden]] het die dorp in [[1912]] bereik.
 
== Distrik ==
Die dorp is deel van die Mopani-landboudistrik wat 20 011&nbsp;km<sup>2</sup> groot is. Die eerste [[tee]] is in [[1969]] gepluk. Die Siegfried Annecke-navorsingsinstituut vir [[bilharzia]] is in die dorp.
 
== Klimaat ==
Meestal sonskynweer, lang [[somer]]sdae met aangename [[winter]]s. Tzaneen se subtropiese klimaat bied meer geskikte weer vir digte woude (hoë somerreënval) as die doringbosveld bo die platorand en verder na die ooste. Die somermaande, September - Maart, het 'n gemiddelde temperatuur van 28 °C (82 °F) en wintermaande ongeveer 15 °C (59 °F). Reënvalgemiddeldes is ongeveer 800 mm per jaar in die dorp tot meer as 1 500 mm per jaar in die berge.
 
== Landbou ==
[[Lêer:Culinary fruits front view.jpg|duimnael|280px|Bekende eetbare vrugte]]
Tzaneen produseer sowat 40% van Suid-Afrika se [[avokado]]'s, 40% van Suid-Afrika se [[mango]]'s en 20% van Suid-Afrika se [[piesang]]s. Tzaneen produseer ook 90% van Suid-Afrika se [[tamatie]]s op die ZZ2 en ander plase wat Suid-Afrika die 40ste grootste tamatieprodusent ter wêreld maak. Al is Suid-Afrika die 40ste in terme van tamatieproduksie, is die ZZ2-plase self die wêreld se grootste produsent van tamaties.
Die dorp is ook naby aan 'n aantal wildreservate geleë en die dorp dien dikwels as 'n deurgang vir toeriste op pad na ander toeristebestemmings in die provinsie. Die bekende [[Krugerwildtuin]] is ongeveer 100 km na die ooste geleë. Die Vervet Monkey Foundation is net buite Tzaneen, waar daar meer as 600 [[blouaap|blouape]] onderhou word.
 
== Sien ook ==
* [[Gereformeerde kerk Laeveld]]
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
== Bronne ==
*{{cite book |last=Erasmus |first= B.P.J.|authorlink=B.P.J. Erasmus |title=[[Op Pad in Suid-Afrika]]|year= 1995|publisher=Jonathan Ball Uitgewers |isbn= 1-86842-026-4}}
{{Verwysings}}
339 808

wysigings

Navigasie-keuseskerm