Verskil tussen weergawes van "Veer (voël)"

Jump to navigation Jump to search
16 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Vere bestaan uit keratien en is leweloos in hul volwasse toestand. Hulle is ook uiters ligte bousels, hoewel 'n voël se verepak ongeveer tweemaal so swaar is as sy skelet.
 
== Soorte vere ==
Daar is party verskillende soorte vere, maar daar kan twee hoofkategorië onderskei word wat in hul opbou verskil:
#Dekvere wat die gladde vorm van die voël bepaal.
#Donsvere wat onder die dekvere 'n isolerende laag vorm. Hulle word deur die dekvere teen water beskerm
 
=== Dekvere ===
Die dekvere of kontoervere (''Pennae conturae'') kan verder onderskei word:
* Liggaamsvere (''Pennae conturae generales''): die romp se dekvere
* Die eintlike dekvere (''Tectrices''): die orige dekvere
 
=== Donsvere ===
[[Lêer:Daune down feather.jpg|duimnael|Dons]]
Dons (die eintlike ''pluime'') vorm die onderkleed. Daar is van die voëls waar dit nie aangetref word nie, soos die volstuise.
Die vere van kuikentjies is nogtans aangepaste dekvere en nie regte donsvere nie.
 
=== Spesiale vere ===
Naas die twee grondvorme bestaan nog party besondere vere:
*Halfdons (''Semiplumae''): in die middel tussen dek- en donsvere word aangetref op die oorgang na dele van die vel wat nie deur liggaamsvere bedek is nie.
[[Lêer:Feather scheme.png|duimnael|Die bou van 'n dekveer: '''1''' Veerskag, '''2''' Pen, '''3''' Vlag ('''3b''' Voor-, '''3a''' Agtervlag), '''4''' Agterveer, '''5''' Bonawel, '''6''' Ondernawel, '''7''' Skagveertjie, '''8''' , '''9''' Sytakkies met baardjies]]
 
=== Dekvere ===
Dekevere bestaan uit 'n lang en stewige kiel (''Scapus'') asook 'n vlag wat uit 'n smalle voorvlag en 'n brede agtervlag bestaan (''Vexillum exterior'' en ''interior''). Die kiel bestaan uit 'n veerskag (''Rhachis'') en 'n pen (''Calamus''). Die pen het twee openings: 'n bo- en 'n ondernawel (''Umbilicus superior'' en ''inferior'') <ref name="Salomon">Franz-Viktor Salomon (Hrsg.): ''Lehrbuch der Geflügelanatomie''. Fischer-Verlag, Jena/ Stuttgart 1993, ISBN 3-334-60403-9.</ref>
 
=== Donsvere ===
Donsvere het 'n eenvoudiger opbou. Die skag is kort en die sytakke van die veer is nie met hakies aan ander sytakke geheg nie. Daardeur ontstaan geen voor- en agtervlag nie en het die donsveer 'n vorm soos 'n borsel.
 
=== Kuikens, jongvoëls en volwasse voëls ===
Party voëlfamilies het naakte kuikentjies wat uit die eier kruip, soos die visvangers, die spegte of die koekoeke. Ander voëls se kuikens is met dons bedek, maar dit is nogtans eintlik 'n vorm van dekvere. Later groei uit dieselfde papille die regte dekvere en druk die ou donsveertjie uit. Die eerste dekvere het dikwels nie dieselfde kleure as die volwasse voël s'n nie. Meeue en visarende verveer meer as een keer voordat hulle volwasse vere kry.
 
-->
 
== Veerwysings ==
{{Wikivertaling|taal=de|titel=Feder|oldid=163483633|datum=20170415}}
 
411 783

wysigings

Navigasie-keuseskerm