Verskil tussen weergawes van "Assurbanipal"

Jump to navigation Jump to search
4 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
→‎Lewe: + skakel
(Uitleg van bronteks)
k (→‎Lewe: + skakel)
Assurbanipal se pa was [[Esarhaddon]], die jongste seun van [[Sanherib]], wat die erfgenaam geword het nadat die kroonprins, Ashur-nadin-shumi, deur rebelle as leenman van Babilon afgesit is.
 
In 672 v.C. is kroonprins Sin-iddina-apla, die oudste seun en aangewese opvolger van Esarhaddon, dood terwyl die tweede oudste seun, Shamash-shum-ukin, die koning van Babilon sou word. Assurbanipal, wat die jongste was, het dus die kroonprins van Assirië geword, maar hy was baie ongewild in die hof en onder die priesters. Kontrakte is aangegaan met vooraanstaande [[Assiriërs]], lede van die koninklike familie en buitelandse heersers om hul lojaliteit aan die kroonprins te verseker.
 
Esarhaddon is in [[669 v.C.]] skielik dood terwyl hy [[Antieke Egipte|Egipte]] wou binneval<ref name="World Biography 1998, pp. 141-142">{{cite book|title=Dictionary of World Biography: The ancient world |first= Frank|last= Northen Magill|author2=Christina J. Moose|author3=Alison Aves|author4=Taylor and Francis|year= 1998|pages= 141–142}}</ref> en Assurbanipal het hom in Assirië opgevolg.

Navigasie-keuseskerm