Verskil tussen weergawes van "Hadeïkum"

Jump to navigation Jump to search
Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
Volgens die berekenings van Sleep (2007) het omtrent 4,37 miljard jaar gelede (200 miljoen jaar ná die begin) reeds gebiede bestaan wat se oseaanwater koel genoeg wat om lewe 'n kans te bied. Die soutgehalte was waarskynlik amper twee keer so hoog as vandag omdat sout nog nie as steensout begrawe was, maar dit is moeilik om te bepaal.<ref name="Sleep" />
 
Die atmosfeer van die afkoelende planeet was reduserend van aard, maar dit het stadig verander omdat vulkanisme [[waterstof]] en sy verbindings met koolstof, stikstof en suurstof vrystel en hulle ongehinderd die boonste lae van die atmosfeer kon bereik. Waterstof is -saam met helium- lig genoeg om uit die planeet se swaartekragveld te ontsnap. Hierdie proses se spoed moet duisend keer so hoog gewees het as dit vandag is en geleid tot 'n hoër relatiewe voorkoms van suurstof. Dit het die oksidasie van elemente in hulle lae [[oksidasietoestand]]e in die gesteentes en hulle verwering en erosie moontlik gemaak. Hierdie proses het tot ver in die Argeïkum voortgeduur.<ref>[https://link.springer.com/chapter/10.1007/978-3-319-21972-1_9 Evolution of the Atmosphere During the Hadean and Archean] {{Outeur|George H. Shaw}} Earth's Early Atmosphere and Oceans, and The Origin of Life. SpringerBriefs in Earth Sciences. Springer, Cham; ISBN 978-3-319-21971-4]</ref>
 
Indien die fugasiteit (aktiwiteit) van suurstof bepaal sou word deur die [[yster]]-[[wüstiet]]-buffer van die Aarde se magma, sou 'n mens 'n atmosfeer van {{chem|C|H|4}}, {{chem|H|2}}, {{chem|H|2|S}}, {{chem|N|H|3}} en {{chem|C|O}} verwag. Indien die Aarde se magma egter deur die [[fayaliet]]-[[magnetiet]]-[[kwarts]]-buffer bepaal sou word, sou die atmosfeer uit {{chem|H|2|O}}, {{chem|C|O|2}}, {{chem|S|O|2}} en {{chem|N|2}} bestaan het. Dit is nouer aan die atmosfeer van vandag verwant, behalwe dat dit geen vrye suurstof bevat het nie. Daar is aanwysings dat die laaste reeds in die Hadeïkum die geval was.<ref>[https://www.nature.com/articles/nature10655 The oxidation state of Hadean magmas and implications for early Earth’s atmosphere {{Outeur|Dustin Trail, E. Bruce Watson, Nicholas D. Tailby}} Nature volume 480, pages 79–82 (01 December 2011)]</ref>
1 440

wysigings

Navigasie-keuseskerm