Gaan na inhoud

Perspektief: Verskil tussen weergawes

15 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
kNo edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
 
 
== Ontwikkeling ==
Die beginsels van sentrale perspektief is vir die eerste keer gedurende die [[Renaissance]] konsekwent toegepas. Die [[Antieke Egipte|Egiptenare]] van die [[Oudheid]] het 'n tafel as 'n reghoek, dus as ʼn tafelblad van bo af gesien, met vier ewe lang pote aan die onderkant voorgestel. Die voorstelling was meer 'n soort simbool waarin al die elemente van die tafel weergegee is: 'n tafel met 'n reghoekige blad en vier pote wat ewe lank is. Die voorstelling wou dus nie te kenne gee dat 'n tafel, gesien uit een enkele waarnemingspunt, so sou lyk nie.
 
By die moderne tegniese tekene met sy voor-, bo-, sy- en deursneeaansigte en ook by die Kubistiese rigting in die skilderkuns, vind ʼn mens weer eens hierdie polidimensionele perspektief. Aanvanklik het die [[Grieke]] van die Oudheid ook van hierdie plat soort voorstelling gebruik gemaak, maar teen die einde van die 5e eeu v.C. het daar verandering ingetree. Daar is al hoe meer geëksperimenteer met perspektiwiese verkorting en die gebruik van skaduwee.
Anonieme gebruiker