Verskil tussen weergawes van "Seks"

Jump to navigation Jump to search
4 611 grepe bygevoeg ,  7 maande gelede
Uitgebrei, nog besig
(Uitgebrei, nog besig)
(Uitgebrei, nog besig)
 
Navorsing wys ook paartjies wat nie getroud is nie, maar saamwoon, het meer seks as getroude paartjies en is meer geneig om seks buite die verhouding te hê; dit kan wees as gevolg van die "wittebrood-effek" (die nuwigheid om seks met ’n maat te hê), aangesien seks gewoonlik al hoe minder beoefen word hoe langer ’n paartjie getroud is. Getroude paartjies het seks gemiddeld een of twee keer per week, of sowat ses tot sewe keer per maand.<ref name="Strong2">{{cite book| author = Bryan Strong| author2 = Theodore Cohen|title =The Marriage and Family Experience: Intimate Relationships in a Changing Society|publisher = Cengage Learning | year = 2013 | page = 212 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn =978-1285531892| url =https://books.google.com/books?id=6ZIWAAAAQBAJ&pg=PT237}}</ref> Ouer mense het gewoonlik ook minder seks as jong mense.<ref name="Strong2"/>
 
===Tieners===
Tieners gebruik seks algemeen vir verhoudings- en ontspanningsdoeleindes, en dit kan ’n negatiewe óf positiewe uitwerking op hulle lewe hê. Hoewel tienerswangerskappe in sommige kulture verwelkom word, word dikwels daarop neergesien. Volgens navorsing plaas die vroeëre begin van puberteit by kinders groot druk op tieners om soos volwassenes op te tree voordat hulle emosioneel en kognitief daarvoor gereed is.<ref name="sex lives3">{{cite book| title=The Sex Lives of Teenagers| isbn=978-0-452-28260-5| last=Ponton| first=Lynn| authorlink=Lynn Ponton| year=2000| page=[https://archive.org/details/sexlivesofteenag00lynn/page/3 3]| publisher=Dutton Publishing| url=https://archive.org/details/sexlivesofteenag00lynn/page/3}}</ref>
 
Sommige studies toon veral meisies wat seksuele omgang het, ondervind meer stres en depressie en dat meisies meer geneig as seuns is om seksueel riskant te wees, soos om seks sonder ’n kondoom te hê.<ref name="DiClemente">{{cite book| author = Ralph J. DiClemente| author2 = John S. Santelli| author3 = Richard A. Crosby|title = Adolescent Health: Understanding and Preventing Risk Behaviors| publisher = John Wiley & Sons | year = 2009 | pages = 521–522| accessdate = 7 Desember 2014 |isbn = 978-0470452790| url =https://books.google.com/books?id=KcrwY8eCwcQC&pg=PT521}}</ref><ref name="Abaied">{{cite book| author = Jamie L Abaied| author2 = Deepika Anand| author3 = Tracey L Auster| author4 = Daniel BE|title =The Oxford Handbook of Depression and Comorbidity| publisher = Oxford University Press | year = 2014 | page = 450 | accessdate = 7 Desember 2014 |isbn = 978-0199797004| url =https://books.google.com/books?id=hzpsAwAAQBAJ&pg=PA450}}</ref> Dit kan egter wees dat verdere navorsing nodig is.<ref name="Abaied"/> In sommige lande word seksopvoeding op skool gegee; dié programme is omstrede, want baie mense reken seksopvoeding is die plig van ouers en voogde.<ref name="Ryan">{{cite book| author =Kevin Ryan| author2 =James Cooper|title =Those Who Can, Teach|publisher = Cengage Learning | year = 2008 | page = 110 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-0547204888| url =https://books.google.com/books?id=rqmdR6Xrgq8C&pg=PA110}}</ref>
 
Sommige studies in die 1970's tot '90's dui op ’n verband tussen selfagting en seks onder tieners,<ref name="Lerner 2">{{cite book| first1 = Richard M. | last1 = Lerner | first2 = Daniel F. | last2 = Perkins | name-list-format = vanc |title = Social Interactions in Adolescence and Promoting Positive Social Contributions of Youth| publisher = Taylor & Francis | year = 1999 | page = 124| accessdate = 14 April 2017 |isbn = 978-0815332954| url =https://books.google.com/books?id=BunEIQylaJAC&pg=PA124}}</ref> terwyl ander studies uit die 1980's en '90's min of geen verband gevind het nie.<ref name="Kowalski">{{cite book |vauthors=Kowalski RM, Leary MR |title =The Interface of Social and Clinical Psychology: Key Readings| publisher = Psychology Press | year = 2004 | page = 121| accessdate = 14 April 2017 |isbn = 978-1841690872| url =https://books.google.com/books?id=qkEdaQ4heGgC&pg=PA121}}</ref> Navorsing uit die 1990's en later dui meestal op laasgenoemde.<ref name="Kowalski"/><ref name="Guindon">{{cite book| author =Mary H. Guindon|title =Self-Esteem Across the Lifespan: Issues and Interventions| publisher = Taylor & Francis | year = 2009 | page = 147| accessdate = 14 April 2017 |isbn = 978-1841690872| url =https://books.google.com/books?id=EcoPo06GYCMC&pg=PA147}}</ref><ref name="Lisa Arai">{{cite book| author =Lisa Arai|title =Teenage Pregnancy: The Making and Unmaking of a Problem| publisher = Policy Press | year = 2009 | page = 147| accessdate = 14 April 2017 |isbn = 978-1847420749| url =https://books.google.com/books?id=qzOguz7GqNoC&pg=PA32}}</ref>
 
Volgens die psigiater Lynn Ponton het alle tieners ’n sekslewe, of hulle seks met ander, met hulleself of skynbaar geen seks het nie. Deur tieners se seksualiteit as ’n potensieel positiewe ervaring te beskou, eerder as iets inherent gevaarliks, kan jong mense gehelp word om gesonder patrone te ontwikkel en positiewer keuses oor seksuele aktiwiteit te maak.<ref name="sex lives3" /> Volgens sommige navorsers kan langtermyn- romatiese verbindings tieners die vermoë help ontwikkel om later in hulle lewe verhoudings van goeie gehalte hê.<ref>Madsen S., Collins W. A. (2005). Differential predictions of young adult romantic relationships from transitory vs. longer romantic experiences during adolescence. Presented at ''Biennial Meeting of the Society for Research on Child Development'', Atlanta, Georgia.</ref>
 
== Verwysings ==

Navigasie-keuseskerm