Verskil tussen weergawes van "Riviersonderend (rivier)"

Jump to navigation Jump to search
verbeter
(verbeter)
| monding = [[Breederivier]]
| stroomgebied_lande = [[Suid-Afrika]]
| lengte = 135km135 km
| hoogte =
| monding_hoogte =
| afloop =
| stroomgebied = 2 217vk217 vk.km
}}
 
Die '''Sonderendrivier''' (ook '''Riviersonderend''') loop ooswaarts deur die distrikte van [[Caledon]] en [[Swellendam]] en ten suide van die [[Riviersonderendberge]]. Dit vloei 16km16 km wes van Swellendam in die [[Breederivier]], waarvan dit die belangrikste sytak is.
 
== Stroomgebied ==
Hierdie rivier ontspring in die berge ten suide van [[Franschhoek]] en [[Villiersdorp]] en aan die oostelike hellings van die [[Hottentots Hollandberge]]. Omdat so baie spruite saamkom om die hoofstroom van die rivier te vorm, is dit moeilik om die juiste punt van die oorsprong aan te dui. Die rivier is so ‘n 135km lank en het ‘n [[opvanggebied]] van 2 217vk217 vk.km. Suid van Franschhoek is die reënval in die winter so hoog as 2 500mm500 mm p.j., maar in die laaggeleë dele soms maar 500mm500 mm p.j. Dit vloei deur ‘n gebied met ‘n redelik beperkte landboupotensiaal en met weinig stedelike en industriële ontwikkeling. Deur riete en uitheemse bome vloei die rivier verby [[Genadendal]], onderdeur die [[Beinbrechtbrug]], verby [[Greyton]] na die dorp [[Riviersonderend]]. Daarna loop die rivier net noord van die [[N2]] nasionale pad tot by [[Stormsvlei]] waar dit wyd en diep is. Na Stormsvlei gaan dit deur die Hessekwakloof voordat dit by die Breederivier aansluit. Die aanwesigheid van baie [[palmiet]] het die stroom geblokkeer en gelei tot vleie en kanale in die stroomgebied. In die tweede helfte van die 19de eeu was daar sprake van strande langs die rivier, maar deur riete en indringerplante soos die [[Port Jackson (boom)|Port Jackson]] het dit verdwyn.
 
== San ==
 
== Blanke pioniers ==
[[Hieronymus Cruse]] het reeds in 1669 die huidige naam aan die rivier gegee. Sedert die begin van die Kaapse vestiging het byna elke reisiger wat ooswaarts wou reis oor die [[Hottentots -Hollandberge]] gegaan en die loop van die Sonderendrivier gevolg. Die bosse het baie geel- en [[stinkhout]] aan die [[VOC]] gelewer vir waens en meubels. Mettertyd is plase ontwikkel wat teenswoordig nog bekend is. The Oaks was Hartebeestkraal. Noord van die rivier waar die Kwartelriver van suid aansluit, is Nethercourt, die destydse VOC-veepos [[Het Ziekenhuis]]. Zoetemelksvlei was eweneens ‘n VOC-veepos. Op Tygerhoek is die dorp Riviersonderend uitgelê en die naam van die proefplaas wes van die dorp dra nou die naam van hierdie eertydse VOC-pos. Effens oos lê die plaas Vaandrigsdrif, genoem na vaandrig Isaaq Schrijver wat op 13 Januarie 1689 daar besoek afgelê het. Ander historiese plase op die rivieroewer is Ganzekraal, Appelskraal, Van der Wattskraal en Lindeshof.
 
== Damme ==
91 146

wysigings

Navigasie-keuseskerm