Verskil tussen weergawes van "Verdrag van Portsmouth"

Jump to navigation Jump to search
567 grepe bygevoeg ,  11 maande gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe bladsy geskep met 'Met die '''Verdrag van Portsmouth''', wat op 5 September 1905 op die Amerikaanse Vlootwerf Portsmouth in Kittery in die deelstaat Maine onderteken is, is die...')
Etiket: 2017-bronwysiging
 
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Lêer:Japan Russia Treaty of Peace 5 September 1905.jpg|duimnael|Die Russies-Japannese vredesooreenkoms,
Met die '''Verdrag van Portsmouth''', wat op [[5 September]] [[1905]] op die Amerikaanse Vlootwerf Portsmouth in Kittery in die deelstaat [[Maine]] onderteken is, is die Russies-Japannese Oorlog van 1904−1905 formeel beëindig. Onderhandelinge tussen die [[Rusland|Russiese Tsareryk]] en die [[Japan|Keiserryk Japan]] het tussen 6 en 30 Augustus plaasgevind waarby die Amerikaanse president [[Theodore Roosevelt]] as bemiddelaar opgetree het. Vir sy suksesvolle bemiddeling is die [[Nobelprys vir Vrede]] van 1906 aan Roosevelt toegeken. Hy was die eerste Amerikaanse president wat die prys ontvang het.
 
Die oorlog was die eerste militêre konflik waarin 'n Europese moondheid 'n verpletterende neerlaag teen 'n vreemde land gely het. Nogtans was ook Japan ná die oorlog uitgeput genoeg om die vredesvoorwaardes te aanvaar. Rusland het [[Mantsjoerye]] ontruim, terwyl die skiereiland Liaotoeng met die seehawe Port Arthur en die suidelike helfte van [[Sachalin]] onder Japannese bewind gekom het.

Navigasie-keuseskerm