Verskil tussen weergawes van "Sciëntologie"

Jump to navigation Jump to search
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Die beweging het in 1950 in die [[Verenigde State]] met die publikasie van L. Ron Hubbard se boek ''Dianetics: The Modern Science of Mental Health'' ontstaan, waarin Hubbard Dianetiek as 'n alternatief tot tradisionele terapieë voorgestel het. Dianetiek het op nuwe meganismes vir die oorlewing van die individu en nuwe vorme van selfuitdrukking gekonsentreer. Baie van die leerstellings is uit die moderne [[sielkunde|psigologie]] oorgeneem. Hubbard het onder meer beweer dat traumatiese ervarings uit die verlede as sogenaamde ''engramme'' gestoor word en die oorsaak van irrasionele en afwykende gedrag kan wees. Deur die sogenaamde proses van ''auditing'' het aanhangers die moontlikheid gekry om hulle engramme onder die toesig van 'n praktisyn en met behulp van die sogenaamde e-meter op te spoor en uit te wis.
 
Hubbard het ná sy sukses met ''Dianetics'' (Dianetika), waarvan miljoene eksemplare verkoop is en wat ook vyf jaar ná sy afsterwe (of, soos die Kerk dit gestel het, nadat Hubbard van sy liggaam ontslae geraak het om sy navorsing op 'n ander vlak voort te sit) weer sy verskyning op Amerikaanse blisverkoperlyste gemaak het, meer navorsing oor die wese en die sin van die menslike lewe gedoen, en so is Dianetiek geleidelik uitgebrei totdat dit 'n religieuse dimensie gekry het – ''Scientology''. Die resultaat van Hubbard hetse navorsing en Kerkaanhangers se geloofsoortuiging beweeris dat elke mens naas sy [[liggaam]] en [[Gees (mens)|gees]] ook uit 'n onsterflike spirituele wese, die sogenaamde ''Thetan'', bestaan, wat oor talle menslike lewens strek en die mag het om die basiese elemente van die bestaan soos [[materie]], [[energie]], [[ruimte]] en [[tyd]] self te skep. Sodoende beweeg die leerstellings van Sciëntologie, net soos dié van tradisionele godsdienste, buite alle limiete van wetenskaplike ervaring en kennis.
 
In sy georganiseerde vorm, die [[Kerk van Sciëntologie]], wat in 1954 in [[Los Angeles]] gestig is en vinnig na ander lande uitgebrei het, het die nuwe geloof tot een van die welvarendste en invloedrykste Nuwe Religieuse Bewegings van die 20ste en 21ste eeue gegroei. Die kerk beywer hom met sy verskillende instellings in meer as eenhonderd lande vir religieuse vryheid, die opleiding van praktisyns en maatskaplike en politieke hervorming. Van die Kerk se publikasies en oudiovisuele media word in [[Afrikaans]] aangebied. Deur sy invloed op welbekende persoonlikhede uit die vermaaklikheidsbedryf het Sciëntologie baie aandag in die media gekry – tot 'n punt waar die meeste publikasies daaroor kommersieel van aard, sensasiegedrewe en onakkuraat is. Tot dusver is daar min serieuse wetenskaplike navorsing oor Sciëntologie gedoen sodat net 'n beperkte aantal neutrale verslae en werke oor Sciëntologie beskikbaar is.<ref>[http://www.beliefnet.com/story/169/story_16925_3.html ''www.beliefnet.com: Mind over Matter'']</ref> Akademiese bydraes fokus onder meer op een van die opvallendste aspekte in die persepsie van Sciëntologie - die bogenoemde invloed van media, veral die sensasiepers en sensasietelevisie, op die openbare waarneming van nuwe religieuse bewegings.<ref>[https://online.ucpress.edu/nr/article/17/3/38/70292/Sensational-Scientology-The-Church-of-Scientology ''University of California Press: Nova Religio (2014) 17 (3): 38–63. Gratis aflaaibaar. Besoek op 15 Julie 2020'']</ref>

Navigasie-keuseskerm