Eriekanaal: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
15 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
 
=== Kanaalkoors en ekonomiese vooruitgang ===
Die gebeurtenis het landswyd opslae gemaak. Die eerste seksie se kommersiële sukses het 'n ware kanaalboukoors in die jong Amerikaanse nasie laat ontvlam. Nog in dieselfde jaar is die Champlain-kanaal ingewy wat die Hudson- en [[Sint-LaurensriviereLaurensrivier]]e met mekaar verbind het. In 1826 is 'n kanaal voltooi wat die Cayuga- en Seneca-mere met die Eriekanaal verbind het; twee jaar later is die Oswegokanaal geopen waardeur 'n waterweg tussen die [[Ontariomeer]] en die Eriekanaalstelsel geskep is. In 1828 het die steenkoolvelde van [[Pennsilvanië]] danksy die Delaware- en Hudsonkanaal toegang gekry tot die Hudsonrivier, terwyl die Morriskanaal, wat in 1831 in [[New Jersey]] geopen is, die Delaware- met die Hudsonrivier verbind het. Gemeenskappe langs die kanale het gefloreer.
 
Met die voltooing van die Eriekanaal was daar 'n bevaarbare waterweg vir die vervoer van passasiers en goedere tussen die metropool [[New York]] en die [[Atlantiese Oseaan]] in die ooste van die deelstaat en die Groot Meregebied in die weste. Die kanaal, die tweede langste ter wêreld ná die Groot Kanaal in China, het grootliks bygedra tot die ekonomiese ontwikkeling van die deelstaat New York, sy gelyknamige hawemetropool en die Verenigde State. Terwyl dit die binneland in die weste ontsluit het vir handel en die vestiging van setlaars, het dit tegelykertyd New York se status as belangrikste handelsmetropool in die Verenigde State bevestig. Duisende werkers het die deelstaat New York binnegestroom om werk te vind by die kanaalprojek, vir ander weer sou dit 'n belangrike deurgangsroete op pad na hul nuwe tuiste wees.
 
=== Vervanging van die historiese trekpadkanaal ===

Navigasie-keuseskerm